in , ,

Isuzu-trokke wys hulle staal by Gerotek

This post is also available in: English

Om ‘n wenner te word is ‘n onderskeiding, maar om ‘n wenner te bly verg nog meer vindingskrag en toewyding. Isuzu Trokke Suid-Afrika (ITSA) is die afgelope twee jaar al die markleier in Suid-Afrika met ’’n markaandeel van 16,2%. As busse en klein trokkies ingesluit word, lê Isuzu tweede. Hierdie posisie het nie vanself gekom nie en dit word nie vanself behou en verbeter nie. Daar moet allerhande interessante maniere ingespan word om jou produkte se prestasie en doeltreffendheid te toets daarom immerdeur te verbeter.

ITSA se Drivetrain-onderneming bied aan ’n boer verskillende opsies met verskillende waarborge wanneer hy sy Isuzutrokenjin wil opknap. Hy kan nuwe onderdele, omgeboude onderdele of herstelde onderdele kies of geringe herstelwerk aan sy enjin laat doen. Hanlie du Preez, diensgereedheid- en VAPkoördineerder, en Heine Annandale, streeksdiensbestuurder, wys hoe lyk die verskillende enjinopsies in ITSA se Drivetrain-projek

Daarom het Isuzu Trokke onlangs hulle trokke by Gerotek, die militêre voertuigtoetsterrein buite Pretoria, gaan toets. As ’n trok sy man in Afrika wil staan, moet hy dit in gekontroleerde omstandighede kan bewys, so, as jou trokke teen steil hellings, deur gate en bergagtige draaie en steiltes kan presteer, beteken dit ’’n belangrike stempel op gehalte op jou werkesel.

ITSA het met trots hulle produkreeks in die uiterste omstandighede getoets terwyl belangstellendes en skeptici dit kon bewonder en beoordeel.

Craig Uren, HOB van ITSA, het tydens die geleentheid gesê dat elke trok ’n klein ekonomie op sy eie is wat op sy eie volhoubare werk moet skep en wat in alle omstandighede geld vir sy eienaar moet verdien.

Die onderstel van die NPS is uitstekend ontwerp om slote en slaggate in die pad te trotseer.
Die onderstel van die NPS is uitstekend ontwerp om slote en slaggate in die pad te trotseer.

Vir meer inligting oor ITSA se taai werkers kan 08600 ISUZU (47898) geskakel word, of besoek www.isuzutrucks.co.za

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

AgriTechnica prikkel die verbeelding

Rumax: Belê in blou vir die toekoms