in , ,

Irrigation Unlimited bied waarlik onbeperkte besproeiingsoplossings

This post is also available in: English

Derduisende rand en maande se noukeurige navorsing word in die landbou bestee aan plant- en saadontwikkeling vir net die beste groei en produksie. Net soveel tyd, geld en energie word gebruik om bemestingstowwe te ontwikkel om gewasse die nodige hupstoot te gee en goeie oeste te verseker.

Al hierdie sorg en aandag is net sinvol as ’n boer wetenskaplik te werk gaan om sy kosbare gewasse die noodsaaklikste groeimiddel, naamlik water, te gee.

Besproeiingstegnologie het nie by produksie-ontwikkelinge agterweë gebly nie en ’n boer wat wil seker maak dat die regte hoeveelheid water met die regte druppelgrootte egalig op die regte tyd toegedien word presies waar dit nodig is, kan gerus by Irrigation Unlimited aanklop vir hulle besproeiingsoplossings wat elke druppel water ten beste benut.

Ocmis is die wateraangedrewe koning

Irrigation Unlimited is die invoerder en verspreider van die wêreldleier in wateraangedrewe besproeiingstegnologie, Ocmis, se produkte. Een van die geheime van Ocmis se sukses is die ontwikkeling van hulle unieke turbine-stelsel met die stuwer wat regstreeks aan die insetas van die ratkas gemonteer is. Dit voorkom waterverlies en gee aan die masjien’n groter variasie in spoed, selfs teen laedruk en watervloei.

’n Kruipspuit gebruik watervloei om ’n ratkas te draai, wat die spuit deur die land trek.

Dit werk so: ’n Sleepwa met ’n pypkatrol word aan die een kant van die land by ’n watertoevoerpunt staangemaak. Die punt van die pyp is aan ’n karretjie met ’n kanonspuit gekoppel. Hierdie karretjie word na die oorkant van die land gesleep, die water word oopgedraai en soos wat die katrol die pyp opdraai, sleep hy die karretjie, wat natuurlik al die pad water spuit, terug.

Die spoed waarteen die spuit ingesleep word, kan verstel word om meer of minder water per lopie toe te doen.

’n Boer kry saam met sy masjien ook ’n duidelike kleurkaart wat hy kan gebruik om die spuit presies te kalibreer ten opsigte van watervloei en -druk, en hy het ook ’n wye keuse van sproeiers vir druppelgrootte. In plaas van ’n kanonspuit kan die karretjie ook met ’n balkspuit toegerus word.

In Suid-Afrika is daar vier modelle beskikbaar met pyplengtes van 130 tot 300 meter, wat geskik is om areas van drie tot dertig hektaar per week te kan besproei (sien tabel).

Skure vol planne

Die selfaangedrewe spuite is maar een afdeling van Irrigation Unlimited se reeks oplossings. Hulle katalogus met koppelstukke, sproeiers en onderdele vul ’n boek so dik soos ’n Johannesburgse telefoongids. Die produkte word deur handelaars aan boere beskikbaar gestel, maar dit is ook moontlik om groot bestellings regstreeks te plaas.

Die pakhuis by Rayton net buite Pretoria beslaan ’n onderdakruimte van 5 700 m2. Vervaardiging geskied by hulle fabriek in Kaapstad en daar is ook kleiner vervaardigers wat produkte aan Irrigation Unlimited lewer.

Produkte word ook ingevoer vanaf lande soos Sjina, Spanje en Italië, en elke produk moet aan streng internasionale of ISO-standaarde voldoen voor dit deel van Irrigation Unlimited se voorraad mag word.

PVC-, polipropileen-, gietyster- en drukkoppelstukke van 15 tot 415 mm is deel van die besproeiingsarsenaal en daar is ’n sproeier of spuitstuk vir elke behoefte.

Tobie van den Heever en sy span kundiges tree ook in die noordelike deel van die land op as handelaar van Suid-Afrika se eie kruipspuitreus, Rotrix.

Praat met Tobie van den Heever by 012-736-2121 of 082-658-6054 of tobie@iunlimited.co.za of besoek www.iunlimited.co.za vir meer inligting oor hulle hele reeks besproeiingstoerusting.

So word die Ocmis staangemaak in die land en die pypkarretjie uitgetrek.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

One Comment

Hino is ’n NAMPO-veteraan maar bly steeds nuut

kubota

Smith Power verf SA oranje