in

InteliGro en CropWatch Africa bring effektiewe, gebruikersvriendelike tegnologie plaas toe

This post is also available in: English

InteliGro, ‘n verskaffer van geïntegreerde gewasoplossings, en CropWatch Africa, ‘n spesialis op die gebied van tegnologiese hulpmiddels vir  gewas – en -plaagmonitering , het kragte saamgesnoer om ‘n gebruikersvriendelike landboutegnologie platform in Suid-Afrika bekend te stel.

Met dié gebruikersvriendelike platform kan boere plaasdata in visuele verslae saamvat wat hulle in staat stel om beter en vinniger besluite te neem. 

Met die InteliGro-CropWatch platform kan boere moniteringdata,  inligting oor grond, blare en opbrengs, spuitinstruksies, satellietbeelde en meer in ‘n enkele sisteem byeenbring.

Die resultaat is ‘n bykans intydse blik van die status van hul gewasse en lande, asook insig in historiese patrone. Hierdie inligting help boere om dringende kwessies soos plaag-infestasies vinnig en presies aan te spreek, en om plaasbeplanning en -bestuur te vergemaklik.

Roedolf Nieuwenhuis, stigter en besturende direkteur van CropWatch Africa, sê: “Ons platform, wat ons oor die afgelope paar jaar met boere se insette ontwikkel het, gee aan boere in Suider-Afrika ‘n hoogs aanpasbare, presisielandbou-oplossing wat vir plaaslike omstandighede ontwikkel is as ‘n alternatief vir oplossings wat internasionaal beskikbaar is, maar moeilik kan wees om aan te pas. Dit is ‘n alles-in-een, geïntegreerde platform wat ‘n boer toelaat om ‘n oog op plaasstatus te hou en kragtige rapporteringsfunksies te gebruik om data te analiseer soos wat dit vasgevang word.” 

InteliGro bied aan boere ‘n geïntegreerde gewasbestuur-oplossing wat die volle spektrum van hul behoeftes aanspreek, van grondregstelling en voeding, tot gewasbeskerming en biobeheer. Die kombinasie van InteliGro en CropWatch se kundigheid en tegnologie maak dit vir boere moontlik om data as ‘n kragtige instrument te gebruik om opbrengs te optimiseer en die produksie van gehalte-gewasse te verseker. Die platform laat boere ook toe om take aan die verantwoordelike persone toe te ken in reaksie op die monitoring-inligting, en sodoende effektiwiteit te verbeter.

Niel Kruger, bemarkingsdirekteur by InteliGro, sê: “Afgesien van die baie verskillende uitdagings wat boere elke dag in die gesig staar, moet Suid-Afrikaanse boere ook meer produseer met minder terwyl hulle hoë kwaliteitstandaarde handhaaf en koste beperk. Tegnologie in landbou is deurslaggewend om hulpbronne optimaal te gebruik en opbrengs te verhoog.

“Ons vennootskap met CropWatch stel boere in staat om verskeie aspekte van hul plaas op een platform te integreer om ‘n meer holistiese siening van hul besigheid te kry. Die ryk data waartoe hulle toegang het, vereenvoudig die monitering en bestuur van gewasse oor groot gebiede. Wanneer insigte wat optrede moontlik maak so geredelik beskikbaar is, kan boere regoor hul plase produktiwiteit verhoog en koste optimiseer.”

Hy voeg by: “Monitering is alreeds ‘n gevestigde praktyk in verskeie gewassegmente, en is besig om veld te wen as die grondslag vir geïntegreerde gewasbestuur. Ons platform stel boere in staat om ‘n verskeidenheid van inligting, soos satellietbeelde, weerdata en toedieningsinligting te gebruik om besluitneming en rekordhouding te verbeter.”

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Winsgewende skaapboerdery Deel 4: Boer intensief vir meer wins

Toename in veediefstal aanmelding langs Lesothogrens