in

Rus in vrede Stefan van Wyk

ProAgri groet ‘n vriend en kollega

This post is also available in: English

Dit is met leedwese dat ProAgri moet aankondig dat Stefan van Wyk, ons hoofbemarker, jarelange vennoot, kollega en vriend gisteraand in sy slaap op ‘n plaas in die Oos-Kaap oorlede is.

Stefan laat sy vrou, Eurika, ‘n seun en vier dogters agter. Hy was 58 jaar oud. Ons dra ons innige simpatie aan die familie oor.

Stefan se dood laat ‘n groot gaping in ons harte en werksaamhede. Hy was wyd bekend in die hele landbougemeenskap en het ‘n langstaande verhouding met die top landboumaatskappye gehad, wat ProAgri as mediavennoot dra. Ons glo ons sal ook in die toekoms op die grondslag kan voortbou.

Sy rol as kenner en keurder van ‘n verskeidenheid beesrasse gaan ook ‘n groot leemte in die telersgenootskappe laat.

By ProAgri sal ons hom onthou as ‘n gelowige, beginselvaste mens, iemand wat hard gewerk het, diep omgegee het vir ProAgri, mense met respek hanteer het en altyd professioneel was. ‘n Staatmaker en ‘n vriend…

Die roudiens vind plaas op Sondag 24 Junie om 10 uur vanuit die Sevendedag Adventiste kerk in Bloemfontein.

Uitgereik deur: George Grobler, besturende direkteur, ProAgri                                                                Annemarie Bremner, besturende redakteur, ProAgri

What do you think?

3 points
Upvote Downvote

Total votes: 3

Upvotes: 3

Upvotes percentage: 100.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

2 Comments

  1. Rus in vrede my ou broer! Ek sal jou baie mis! Dit was altyd lekker om by jou te kuier en met jou te gesels. Ons sal mekaar weer sien by Jesus se wederkoms….

ELB Equipment wys tawwe toerusting by NAMPO

Agri SA

Agri SA is verlig dat inflasie verlangsaam