in

HRW-se-verslag-ernstig-deur-georganiseerde-landbou-bevraagteken

Die opspraakwekkende verslag wat Human Rights Watch vrygestel het, is wyd vanuit landboukringe veroordeel. Die verslag getiteld ‘Ripe with Abuse – Human Rights Conditions in South Africa’s Fruit and Wine Industries’ beskuldig Wes-Kaapse vrugte- en wynprodusente daarvan dat hulle hulle werkers onmenslik behandel en uitbuit.
 
Agri SA en Agri Wes-Kaap het elkeen verklarings uitgereik waarin die verslag verwerp word. 
 
Agri SA bestempel die verslag as “eensydig, kwaadwillig, onbillik en hoogs onverantwoordelik”. Hulle meen dit is hoogs onwaarskynlik dat die bevindinge van die verslag die ware toedrag van sake op plase in die Wes-Kaap weerspieël aangesien boerderye wat vir die uitvoermark produseer vir etiese handelspraktyke gesertifiseer is en ook GlobalGap (good agricultural practices) geakkrediteer is.
 
Agri Wes-Kaap het gesê dat die verslag nie ‘n ware weergawe van die Wes-Kaapse landboubedryf is nie. Meneer Carl Opperman, hoof-uitvoerende beampte van Agri Wes-Kaap het gesê dat dit teleurstellend en frustrerend was om te verneem dat na ‘n lang gesprek met HRW, hulle nie Agri Wes-Kaap se insette in die finale dokument vervat het nie en dat dit vrae oor die onpartydigheid en objektiwiteit van die verslag laat ontstaan. 
 
Intussen het die Wes-Kaapse Minister van Landbou en Landelike ontwikkeling, meneer Gerrit van Rensburg ook sy teleurstelling oor die skynbaar eensydige aard van die verslag uitgespreek. Tydens sy ontmoeting met HRW het hy die organisasie gewaarsku dat indien hulle sou versuim om die SAPD (met feite) by te staan, die wyn- en vrugtebedryf dit mag oorweeg om regstappe weens laster en die potensiële verlies aan inkomste teen hulle in te stel.
 
Die verslag, Ripe with Abuse – Human Rights Conditions in South Africa’s Fruit and Wine Industries kan hier afgelaai word: http://www.hrw.org/reports/2011/08/23/ripe-abuse-0

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Plaasaanvalle:-Boek-moet-keer-dat-mense-net-statistiek-word

Oesskattingskomitee-maak-sy-jongste-syfers-bekend