Hino Midrand, een van die ses Hino-handelaars in die Bidvest McCarthy Group, is vir die tweede agtereenvolgende jaar aangewys as die Handelaar van die Jaar. Midrand was een van drie handelaars wat meer as 200 trokke in 2016 verkoop het, ‘n groot prestasie in moeilike omstandighede.
Kliënte het gemiddeld 93% aan Hino Midrand toegeken vir hulle diensbelewenis en die handelaar het sertifikate ontvang vir prestasies met betrekking tot verkope, diens en onderdele.
“Die handelaar is ‘n ware toonbeeld van toewyding aan elke aspek van Hino Total Support en is altyd bereid om die ekstra myl te loop om seker te maak hulle kliënte is tevrede,” sê Ernie Trautman, adjunk-president van Hino SA
“Ek is baie trots daarop dat ons vir die tweede keer die toekenning ontvang en gee graag erkenning aan al die lede van my span in Midrand, hierdie is ‘n spanoefening,” sê Hennie de Villiers, Hino Midrand Prinsipaal.
Op die foto is Calvyn Hamman, senior adjunk-president, Verkope en Bemarking, Toyota SA; Shigehiro Matsuoka, besturende beampte, Hino Motors Bpk; Hennie de Villiers, prinsipaal, Bidvest McCarthy Hino Midrand; en Andrew Kirby, president and hoofuitvoerende beampte, Toyota SA.