This post is also available in: English
“Die belangstelling om kosbare water vir besproeiing te herwin en te behandel op plase, is besig om te styg. Reënwatertenks en sontoestelle is vinnig besig om die norm te word, so sal jou eie rioolstelsel binnekort baie voordelig wees.
“Behandelingsaanlegte is nou toeganklik vir boere en selfs vir wonings van individue wat passievol is oor herwinning van hul omgewing”. ~ SABI tydskrif
Clarus Fusion Environmental se onafhanklike rioolstelsel is ontwerp om alle swart- en gryswater te behandel vir hergebruik terwyl dit aan voorgeskrewe standaarde voldoen.

Die Fusion rioolstelsel is ‘n volledige riool aanleg en benodig geen vooraf behandeling (bv. Septiese tenk) nie.
Behandelde water kan gebruik word vir besproeiing, dit kan in plaasdamme opgevang word of in die natuur vrygestel word.

Die Fusion-reeks is ontwerp om gebruik te word in beide stedelike en afgeleë gebiede en kom in 6 modelle voor wat wissel van 1k liter per dag tot kommersiële geboue en ontwikkelings, swart en gryswater gekombineer.

Maskam Water is markleiers in waterherwinning en waterbehandeling vir hergebruik. Besoek die webblad www.maskamwater.com vir inligting oor jou naaste Maskam handelaar, of kontak Maskam Water by 060-564-2920, of stuur ‘n e-pos aan inge@maskam.co.za.