in ,

Hanteer jou vee self met Algar se veehanteringstoerusting

Hannes en Carin Nortjé, eienaars van Algar Veehanteringstoerusting, by NAMPO Kaap op Bredasdorp.

This post is also available in: English

Om lekker, maklik, vinnig, goedkoop en doeltreffend met veehantering klaar te speel, is Algar se veehanteringstoerusting die aller antwoord. Veeboere het vanjaar verstom gestaan om by NAMPO Kaap in Bredasdorp te sien hoe Algar se duursame en sterk toerusting lyk wat veilig is vir sowel die diere as die boer en ook die spanning op die diere verminder.

Ewald Loggenberg, beesboer van Vredefort in die Vrystaat, het ’n verstelbare beesdrukgang met kopklamp en eenrigtinghek by Algar gekoop en sê hulle produkte is so goed soos ’n Mercedes Benz, want dit is die beste.

Hannes en Carin Nortjé, eienaars van Algar, is passievol oor hulle toerusting en doen daarom die navorsing en ontwerp van die toerusting self. Hulle toets eers die produkte op hulle eie plaas om volledige terugvoering vir boere te kan gee voor hulle dit bekendstel. Die veehanteringstoerusting word ook regoor die land op boere se plase afgelewer.

Ewald is baie tevrede met Hannes en Carin se diens en sê: “As jy op hulle knoppie druk is hulle daar.”

Algar se toerusting word sterk gebou om deurgaans doeltreffend te werk en baie jare te hou.

Verstelbare drukgang en kopklamp met eenrigtinghekke.

Volgens Ewald is die verstelbare drukgang so ontwerp dat die bees nie kan seerkry nie; jy kan klein kalwers tot groot beeste in die drukgang hanteer. “Ek werk alleen met my beeste; dit is nie nodig vir iemand om my te help nie. Algar se drukgang maak dit moontlik,” sê hy.

Die drukgang word teenaan die kraal gesit, dan loop die bees in die ronde gedeelte (fuik) in en loop deur die gang. Die gang word met penne aanmekaargesit en is maklik verskuifbaar, maar dit kan ook op sement vasgebout word.

Die gang vernou na 350 mm wyd vir kalwers om deur te gaan sonder dat hulle kan omdraai. Die eenrigtinghek laat beeste toe om vorentoe te loop, maar keer hulle as hulle wil tru. Algar bied die boer al die toerusting om beeste maklik te beheer wanneer jy hulle wil weeg, doseer, ent, dokter, KI of brand.

Skaapkantelaar

Die skaapkantelaar is vervoerbaar, gebalanseerd en verminder jou arbeid en koste, want dit maak dit vir die boer moontlik om alleen met sy skape te werk.

Die skaap kan enige kant op die opgang oploop, dan word hy vasgeknyp en heeltemal onderstebo

gekantel. Nou het die boer volle beheer oor die skaap. Dan is dit maklik vir prosedures soos om die skaap se kloue te snoei of hom te mikskeer. As die boer klaar is, word die skaap weer teruggedraai en op sy pote neergesit sodat hy rustig en kalm aan die ander kant van die kantelaar af en by die hekkie uit kan stap.

Om ook jou werk op die plaas makliker te maak en om jou vee beter te hanteer, kontak Carin Nortjé by 082-324-6256 of stuur vir haar ‛n e-pos na carin@algar.co.za. Jy kan ook hulle webblad en Facebookblad vir meer inligting besoek by www.algar.co.za of FACEBOOK/AlgarVeetoerusting/.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

scania

Groei groot met Scania

Vitamech se Mc Don fnuik woeste winde……en red boere se oeste