in

Goliat van Gat-pampoenfees wenner aangewys

Eerste: Hugo le Roux

This post is also available in: English

Die Goliat van Gat-pampoenfees wat hierdie naweek, 24 Maart 2018 plaagevind het, het weer vir hope pret gesorg.

Hugo le Roux was eerste met ‘n pampoen van 313 kg. Marieta Nel tweede met ‘n pampoen van 279 kg en Wicus Lampbrecht derde met ‘n pampoen van 263 kg.

Noudat al die Pampoengroeikompetisies landwyd afgehandel is, is dit lekker om te weet dat die SA Rekord van 556 kg nog steeds deur Goliat van Gat se pampoenfees gehou word. Hierdie reuse pampoen was die wenner in 2017 se kompetisie en was ook Hugo le Roux van Montana, Pretoria se pampoen.

Die pampoene in die kompetisie word verwerk en versprei na behoeftige mense. Dit word elke jaar deur TLU SA se Cullinan Boere-unie gereël. Cullinan is natuurlik bekend vir die Groot Gat waar die wêreld se grootste diamant uitgehaal is en dit is een van die redes waarom die wedstryd so gedoop is.

Tweede: Marieta Nel

Derde: Wicus Lampbrecht

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Dom Boer se lag vir die dag:

Boere sal self oor hulle grond besluit