in ,

Gemmerhoender

This post is also available in: English

Lewer 6 porsies

  • 1 middelslag hoender, in porsies gesny
  • sout, peper en hoenderspeserye en kruie na smaak, bv. roosmaryn of tiemie
  • 25 ml olie
  • 2 groot uie, gekap
  • 2 soetrissies, ontpit en gekap
  • 3-4 appels of pere, ongeskil en in stukkies gesny
  • 30 ml aangemaakte mosterd
  • 175 ml gemmer-limonade
  • 50 ml lemoensap
  • 5 ml mosterdpoeier
  1. Sprinkel die hoenderporsies met sout, peper, speserye en kruie.
  2. Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die hoender aan weerskante tot goudbruin. Skep die hoender uit en soteer die uie, soetrissie en vrugte tot net sag.
  3. Verf die hoenderporsies met aangemaakte mosterd en plaas terug in die kastrol. Meng die res van die bestanddele saam en gooi oor die hoender.
  4. Sit die deksel op en laat prut vir ongeveer 30-40 minute of tot die hoender gaar is. Geur na smaak. Sit warm of koud voor met groente en bruinrys of koring.

Uit: Lekker & Vinnig 6: Hoender – LAPA samestelling (bl. 36-37)

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Chilli Con Carne Met Tortillaskywe

greenpepper

Groenteboere: Só maak jy kleingeld van groot werk!