in

Fosfaatlek: KK Animal Nutrition gee meer en kos minder

“Suid-Afrika is ’n fosfaat-arm land en dit sal dom wees om nie voorsiening te maak vir voldoende fosfaat in jou diere se voeding nie,” sê Arthur de Villiers van Arcadia Bonsmara naby Vrede in die Vrystaat. Hy sê sir Arnold Thailer, stigter van Onderstepoort Veeartsenykundige Dienste, het reeds in die 1920’s breedvoerig bewys dat Suid-Afrika se grond en dus plantegroei nie genoeg fosfaat bevat nie.

Dit is dus nie nodig om die wiel weer uit te vind nie; al wat nodig is, is om jou diere se behoeftes te bepaal en ’n fosfaatlek te kies wat aan dié behoeftes voldoen. Arthur het met die kundige ondersteuning van Johan Jooste en Stephan Cronjé by KK Animal Nutrition op Phossure 12 besluit as die somerlek wat nie net aan die beeste se behoeftes voldoen nie, maar ook in die plaas se bestuursprogram pas.

Een van die grootste voordele van Phossure 12 is dat dit weerbestand is. Arthur sê vroeër kon hy baie akkuraat voorspel wanneer dit gaan reën – dit is noodwendig die dag net na hy lek uitgesit het!

Met Phossure 12 het hy nou geen vrees meer dat die lek gaan voos reën, uitloog en on-smaaklik word nie. ’n Ander groot voordeel is dat KK Animal Nutrition se Phossure 12 twee keer soveel selenium bevat as ander vergelykbare produkte. Arthur sê veral op die Oostelike Hoëveld het die diere meer selenium nodig as gevolg van die uitwerking van suurreën van die steenkoolkragstasies.

Hulle meng self die somerlek volgens die volgende resep:
2 sakke Phossure 12
1 sak sout
1 sak melassemeel

Die lek word van begin November tot einde Januarie uitgesit. Van begin  Februarie tot einde Maartword daar ’n sak groen ureum van KK Animal Nutrition bygevoeg.
Die volwasse beeste gebruik gemiddeld 200 g per kop per dag.

Van April tot Oktober word KK Animal Nutrition se winterlek gebruik, hoewel die formule van die mengsel vir Arcadia se Bonsmaras aangepas is. Arthur se plaaslike voerhandelaar, Dewald Vosloo van Saamstaanvoere, meng die lek.

Die beeste neem gemiddeld 700 g lek per kop per dag in, maar dit raak minder as die beeste na vars weiding geskuif word.

Arthur verduidelik dit so: “Die gemiddelde aanbevole inname van winterlek is gewoonlik so 500 g per bees, maar aangesien ons min hooi maak en die diere
net op die veld oorwinter, gebruik hulle meer lek.”

Die weidingstelsel wat hulle gebruik, behels dat diere ’n jaar lank in ’n kamp loop voor hulle vir die volgende jaar na ’n ander kamp geskuif word. Arthur sê dit het tot gevolg dat die diere voortdurend die nuwe spruite eet wat ryker is aan fosfaat en proteïene.

Arthur sê: “Daar is ’n sterk verband tussen lekinname en weidinggehalte, sowel as -hoeveelheid.”

En daar is ’n goeie boeremanier om sommer met een oogopslag te sien of die diere se voeding op koers is: As die vars mis hard en droog is, is dit ’n duidelike aanduiding dat die gehalte van die weiding af is en dat die diere veral te min proteïene inkry. Mooi, sagte en los mis is ’n teken dat die balans reg is. “Dit beteken ons boer in harmonie met die omgewing,” sê Arthur.

Hy is nie net beïndruk met KK Animal Nutrition se diens, kundigheid en goeie produkte nie; die prys is ook reg. Hy het sy sommetjies gaan maak en waar hy vir twee ander soortgelyke lekke onderskeidelik R1,45 en R1,50 per kop per dag sou betaal, betaal hy nou net R1,10 teen 500 g verbruik per dag. Dit maak nogal ’n groot verskil as ’n mens van ongeveer 1 800 beeste praat!

Vind meer uit oor KK Animal Nutrition se wye verskeidenheid voeraanvullings by Alina Taute by 082-322-0333 of ataute@kkan.com

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Taurus-kan-genetiese-geheime-ontrafel

In-Jesaja-1-vers-18-lees-ons: