in ,

FNB bevestig opnuut sy band met landbou

fnb

This post is also available in: English

“Dit is verseker op die oomblik die besigste OTM in die Vrystaat,” sê Dawie Maree, hoof van Landbou-inligting en Bemarking, in die bank se bedrywige uitstalling by NAMPO.

FNB het, soos elke jaar, sy verbintenis met die landbougemeenskap herbevestig deur sy volledige bankdiens aan NAMPO-gangers beskikbaar te stel.

Dawie sê boere gebruik nie noodwendig die geleentheid by NAMPO om ernstig te gesels nie, maar hulle kom groet en daar word heelwat afsprake gemaak.

“Ons verkies om die boer op sy plaas te gaan spreek, want elke boer se onderneming is anders en ons moet dit verstaan om behoorlik diens te lewer,” sê Dawie. Gewoonlik sal die bank se verhoudingsbestuurder en landbouspesialis saam met die boer gaan praat om finansiering- of beleggingsopsies te bespreek.

Die First Rand-groep, wat FNB Landbou en FNB Asset Based Finance, voorheen bekend as WesBank, insluit, is die grootste finansierder in landbou. Dawie sê mense spot om te sê FNB ABF besit die meeste bakkies en trekkers in die land, maar dit is nie al nie… as batefinansierder help FNB ABF ook boere wat wil groei met finansiering vir enige ander toerusting byvoorbeeld vervaardigingstoerusting soos verpakkingsmasjinerie, kommersiële voertuie en enige landboutoerusting en werktuie.

Hy sê hy het vanjaar by NAMPO ’n positiwiteit onder die boere beleef, hoewel die graanbedryf onder druk is as gevolg van lae pryse. Die verwagte oes vanjaar is rondom 13-miljoen ton en die land sit reeds met ‛n groot oordragvoorraad van verlede jaar se rekordoeste.

Hy meen die prys gaan onder druk bly, want daar is internasionaal ook groot oeste en die enigste opwaartse druk kan uit veranderings in die wisselkoers spruit. Politieke uitsprake het verseker ‛n invloed op die wisselkoers en dus pryse.

Hy sê oor die algemeen lyk die omgewing beter as ‛n paar jaar gelede met die droogte. Mielies en sojabone is onder kwaai prysdruk, maar die veefaktor in graangebiede lyk baie meer positief. Die land se kudde word steeds opgebou, en dus is daar steeds ‛n groot aanvraag na koeie, koeie met kalwers en speenkalwers. Boere wat met oesreste sit, wil graag hulle veefaktor vergroot om dié voerbron te benut.

“As ‛n boer sy vee deur die droogte kon trek, is hy nou in baie goeie posisie, aangesien die vraag na beeste nou nog redelik goed is. Ek sien wel dat die speenkalfprys ‛n bietjie gestabiliseer het, maar daar is nog ‛n moontlikheid vir opwaartse druk,” sê Dawie.

Die Wes-Kaap bly uiteraard nog ‛n kritieke gebied in terme van die droogte, veral met koringproduksie. Baie boere het in droë grond geplant om seker te maak hulle benut planttyd, maar hulle het nou dringend reën nodig. Dawie sê oor die algemeen lyk die weersomstandighede beter, meer normaal, maar dit is te vroeg om te sê wat El Nino gaan doen. Dit sal eers so oor twee maande begin duidelik word.

Dawie sê graan bly steeds die ruggraat vir die landbousektor. Dit is natuurlik ’n stapelvoedselgewas, maar ook ’n baie belangrike inset in die veevoerbedryf. “Dit is vir ons belangrik om hier by NAMPO te wees, want dit is waar ons kliënte is.”

Boere kan gerus aanklop by die volgende afdelings van die bankgroep:

  • FNB Landbou
  • FNB Global Business Banking
  • FNB Asset Based Finance
  • FNB Versekeringsmakelaars
  • FNB Financial Advisory
  • FNB Structured Commodity Trade Finance
  • FNB Foreign Exchange
  • FNB Savings and Cash Investments

Vir meer inligting, besoek jou naaste tak of skakel jou bankier. Jy kan ook n e-pos stuur aan agric@fnb.co.za of besoek FNB Business by www.fnb.co.za

fnb
Dawie Maree, hoof van FNB Landbou, sê dit is vir FNB belangrik om by NAMPO te wees, want dit is waar hulle kliënte is.

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

vitamech

NAMPO: Vitamech maak dit nog lekkerder vir boere

Bearing International is ernstig oor landbou