in

Finaliste moet elke oomblik geniet, sê 2017 se Jongboer-wenner

This post is also available in: English

Die wenner het dit nie noodwendig gemaak nie. Elke finalis het dit reeds gemaak. Dit is Johan van Huyssteen se boodskap aan die vier finaliste in Vrystaat Landbou (VL) se Jongboer van die Jaar 2018 kompetisie.

Van Huyssteen, 2017 se wenner, het die finaliste, Hendrik Theron, Reece Dedwith, Wessel Hattingh en Nelius Ferreira, sterkte toegewens en sê hulle moet elke oomblik geniet.

Die wenner van die kompetisie, in samewerking met Standard Bank, word op 12 April 2018 in Bloemfontein by ’n gala-aand aangekondig. Die finaliste is in Februarie deur VL se beoordeelaarspaneel, waarvan prof Pieter Fourie van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie die sameroeper is, op hulle plase besoek.

Afdelings waarop hulle beoordeel word, sluit onder meer in toekomsbeeld, begroting en finansies, produksie, bemarking en gemeenskapsbetrokkendheid. Die belangrikste maatstawwe is bestuursfilosofie en hoe tegniese vaardighede aangewend word om dit toe te pas.

Van Huyssteen, van die plaas Bloekom naby Virginia, meen al het hy die afgelope jaar die titel gedra, leer ’n mens baie van jou eie boerdery. “Jy sien byvoorbeeld watter tekortkominge daar in jou boerdery is. Jy ontmoet baie ongelooflike mense en kry hope blootstelling. Dit is ’n groot voorreg om deel van só iets te kon wees,” sê hy.

Volgens Theron, ’n Bonsmara-boer van die plaas Wolwekop naby Dewetsdorp, bou jong boere aan ’n toekoms vir hulle nageslag. “Jong boere is die opkomende leiers en dryfkrag in plaaslike gemeenskappe,” sê hy.

Dedwith, ’n melkboer van die plaas Rockridge naby Parys, sê jong boere het ’n verantwoordelikheid om die negatiewe persepsies oor landbou te verander. “Hulle het ook die verantwoordelikheid om ’n nasie kos te gee en tot die BBP by te dra,” sê hy.

Hattingh, ’n saaiboer van die plaas Dipkraal naby Heilbron, sê “jong boere is ook ’n baie belangrike skakel in die opleiding van opkomende boere en in die grondhervormingsproses”. Hy meen die toekoms van landbou is in hulle hande.

Volgens Ferreira, ’n Bonsmara-boer van die plaas Grootdraai naby Harrismith, is jong boere onmisbaar. “Want elke mens het die boer drie maal per dag nodig”. Hy meen hulle is ook die kern van ’n ekonomie.

  • VL se Jongboer-konferensie, met die tema Gesamentlike Boerdery en in samewerking met VS Agri, vind ook op 12 April 2018 in Bloemfontein plaas. Die spreker by die konferensie is Friedl von Maltitz van die MD Foundation in Ficksburg.

Bron en foto’s: Vrystaat Landbou

Hendrik Theron
Hendrik Theron
Nelius Ferreira
Reece Dedwith
Wessel Hattingh

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Dom Boer se lag vir die dag:

Wolmark styg met 2,6%