in ,

Feedtek: Maak wins met eie voermengsels

Jou vee sal net so dankbaar wees vir Feedtek se konsentraatreekse as jou beursie.

This post is also available in: English

Wins is die hoofdoel van enige veeboerdery. Die belangrikste faktore wat winsgewendheid bepaal, is die vrugbaarheid van diere asook die groei van hulle nageslag en dit is regstreeks afhanklik van die voedingstatus van die dier.

Hoogs produserende diere benodig ’n wye verskeidenheid makro- en mikro-voedingstowwe teen die regte vlakke en in die korrekte balans, om optimaal te produseer. Makro-voedingstowwe sluit energie, proteïene en makro-minerale soos fosfaat in, terwyl mikro-voedingstowwe ’n wye reeks spoorminerale en sommige vitamiene insluit.

Bespaar voerkoste

Voerkoste kan tot 75% van die totale bedryfskostes van ’n intensiewe veeboerdery beloop. Dit is dus noodsaaklik dat veeboere voortdurend alle moontlikhede ondersoek om voeruitgawes te besnoei sonder om die gehalte van die voer nadelig te beïnvloed.

Een van die eenvoudigste maniere om voerkoste te bespaar, is om die grootste moontlike gedeelte van die voedingstowwe self te produseer, aangesien dit altyd goedkoper is as aangekoopte voedingstowwe. Dit is dus algemene praktyk dat boere hulle eie ruvoer/hooi en graan produseer en ’n konsentraat aankoop om die finale voer te balanseer. Hoe groter die deel wat self geproduseer is, hoe kleiner die gedeelte wat aangekoop moet word en hoe goedkoper is die voer per eenheid voedingstof.

Unieke reeks konsentrate

Die Feedtek-reeks konsentrate is volgens hierdie beginsel ontwikkel. In teenstelling met ander konsentraatreekse wat meestal draers, asook ’n groot komponent natuurlike proteïen insluit, bevat die Feedtek reeks geen draers of natuurlike proteïen nie en is dus hoogs gekonsentreerd.

Draers verhoog vervoerkoste per eenheid voedingstof, terwyl natuurlike proteïen goedkoper self geproduseer of plaaslik aangekoop kan word deur byvoorbeeld koöperasies of kommoditeitshandelaars. Die Feedtek-reeks bevat ook uiters lae vogvlakke, wat nie net vervoerkoste bespaar nie, maar ook die rakleeftyd van die produkte verleng.

Die Feedtek-reeks word vervaardig deur SA Premix, ’n spesialis-voormengselvervaardiger, volgens baie streng gehaltebeheer en standaarde, insluitend FAMI-QS®.

Die samestelling van elke sak produk word dus gewaarborg vir volkome gemoedsrus. Die reeks word reeds sedert 2001 landswyd suksesvol gebruik. Die Feedtek-span bestaan uit 10 professioneel geregistreerde veekundiges met meer as 150 jaar gesamentlike ondervinding, ondersteun deur ’n span opgeleide agente landswyd.

Professionele tegniese dienste

’n Veeboer wat voer met Feedtek-konsentrate meng, gebruik nie net die produkte nie, maar word ondersteun deur ’n persoonlike en volledige tegniese ondersteuningsdiens. Dit sluit in identifisering en evaluering van geskikte grondstowwe, voerformulasies, voedingsbestuur, asook hulp met finansiële beplanning en besluitneming.

Vir meer inligting, besoek Feedtek se webtuiste by www.feedtek.co.za, skakel 086-111-5362 of stuur n e-pos aan info@feedtek.co.za

What do you think?

2 points
Upvote Downvote

Total votes: 2

Upvotes: 2

Upvotes percentage: 100.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Kanna man dan nie skaapwerk makliker maak nie?

AFMA verseker veilige voer vir veilige voedsel