Op die 15de wolveiling van die 2016/2017-seisoen het die Cape Wools merinowolmarkaanwyser met 1,4% gestyg en op 15540 c per kg skoon gesluit. Dit is ongeveer 14,77% hoër as ‘n jaar gelede.
Gemiddelde skoonwol prysaanwysers vir goeie kwaliteit lang vagwol (MF4/MF5) met ‘n treksterkte van 35 (NKT) was soos volg:
18 µ 17716 (+3,5%) 21 µ 14666 (+1,7%)
19 µ 16854 (+3,0%) 22 µ 14411 (+0,7%)
20 µ 15596 (+0,2%) 23 µ 13842 (+1,5%)
Die grootste kopers op die veiling was: G Modiano (5 064 bale), Standard Wool (4 095 bale), Lempriere South Africa (1 871 bale). Van die 12 878 bale wat aangebied is, is 12 799 bale verkoop (99%).
Die hoogste pryse van verkoopte wol op die BKB veiling was:
TOP 10 BKB PORT ELIZABETH | |||||||
Naam | Area | Besk. | AWEX Tipe | Mic | Skoon | NKT | Vet Pryse |
1. BG Cotterrell | Cathcart | CF | MF4E.75 | 17.2µ | 77,2% | 43 | 14200c |
2. BG Cotterrell | Cathcart | AF | MF4E.97 | 17.9µ | 76,6% | 36 | 14190c |
3. EA Roodt | Dordrecht | BFY | MF4E.63 | 17.6µ | 77,0% | 49 | 14100c |
4. EA Roodt | Dordrecht | BMY | MF4E.63 | 17.5µ | 76,3% | 48 | 14000c |
5. SB Bastard | Cedarville | AFY | MF4E.89 | 18.2µ | 74,1% | 41 | 13880c |
6. JIVZ Naude | Richmond | BMY | MF4E.71 | 17.9µ | 73,6% | 54 | 13790c |
7. SB Bastard | Cedarville | BFY | MF4E.74 | 17.7µ | 73,0% | 38 | 13770c |
8. De Nova Lewende Hawe | Middelburg | AMY | MF4E.78 | 18.7µ | 74,8% | 49 | 13690c |
9. De Nova Lewende Hawe | Middelburg | BBMY | MF4E.71 | 18.3µ | 74,9% | 45 | 13670c |
10. MG Palmer | Grahamstown | AFF | MF4E.85 | 17.3µ | 73,0% | 39 | 13560c |
BKB wil graag bogenoemde kliënte gelukwens met hulle prestasies. Die volgende veiling vir die nuwe seisoen katalogus P1616 sal op 7 Desember 2016 plaasvind.
Bron: BKB