in

Winkelmelk-se-prys-styg-skerp

Kleinhandelpryse van suiwelprodukte het sedert verlede jaar skerp  gestyg. Gepasteuriseerde melk in tweeliterhouers is 18% duurder as ’n  jaar gelede, melk in sakkies is 20% duurder en die prys van langlewemelk  het met 16% gestyg.

Die Melprodusente-organisasie sê in sy nuusbrief dat kaaspryse in die winkel ook aansienlik hoër is.

Produsentepryse was egter 4% hoër in Maart 2012 as in Maart 2013 terwyl verwerkerpryse oor dieselfde tydperk met 11,5% gestyg het. Die hoër kleinhandel- en verwerkerpryse maak die deur oop vir verwerkers om produsentepryse  te verhoog.
 
Ondertussen het die skerp styging in internasionale pryse vir suiwelprodukte tot  nuwe rekordvlakke in invoerpariteit gelei. Die gelyktydige verswakking  van die rand het tot hierdie styging bygedra. Invoerpariteit is tans  meer as R1 hoër as die gemiddelde produsenteprys en sal die prys van  ingevoerde produkte laat styg.

Die Internasionale Netwerk vir die Vergelyking van Plase (IFCN) se  wêreldmelkprys-aanwyser het met byna 12% toegeneem tot VS$46 (R408) per 100 kg. Die aanwyser verteenwoordig die melkprys wat ’n verwerker teoreties  sy boere kan betaal, indien hy sy produkte op die wêreldkontantmark sou verkoop en teen gestandaardiseerde koste sou produseer. Dit is die hoogste vlak van die melkprysaanwyser sedert Junie 2011.

Die voerprys-aanwyser het ook gedurende Maart toegeneem, maar teen ’n laer koers, wat op ’n verbetering in die winsgewendheid van plase dui. Die melk-tot-voer-verhouding het in Maart verbeter, maar is steeds onder die langtermyn-gemiddeld.
 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Hoender~en~brokkoli~gereg

Irrigation Unlimited se selfloop-kanonspuite