in

Wind waai verwagte hoë opbrengste weg

This post is also available in: Afrikaans

Graanprodusente in die Swartland, Overberg en Suid-Kaap het aansienlike skade gelei weens onnatuurlike weerstoestande wat stormsterkte winde na die gebiede gebring het. Produsente, reeds besig om wintergewasse te stroop, se verwagtinge vir ‘n bo-gemiddelde oes is die nek ingeslaan.

Na verlede jaar se droogte, het produsente uitgesien na bo-gemiddelde opbrengste. Die stormsterkte winde het verlede week veral in die Swartland-distrik groot skade aangerig op kanola en gars en veral op koring wat nie gestroop is nie. Alhoewel sekere gebiede meer as ander geaffekteer is, is daar min dele nie deur die winde geraak nie.

Die weerstoestande het Maandagaand na die Overberg en Suid-Kaap-distrikte uitgebrei. Produsente in dié gebiede sny wintergewasse plat juis om windskade te beperk, maar stormsterk winde het die verwagte gemiddelde tot bo-gemiddelde kanola-opbrengste weggewaai. Produsente het groot opbrengsverskille waargeneem met skade van tot 1 ton/ha.

Die onlangse windskade het as groot teleurstelling vir produsente gekom en alhoewel die omvang van die skade tussen gewasse en gebiede wissel, en die opbrengs potensiaal beïnvloed is, verwag produsente om steeds gemiddelde oeste te behaal.

Bron: Graan SA

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Generator or solar: You can depend on non-stop power with Saro

SAB INTRODUCES INNER-CITY ROOFTOP FARMING ‘HOLA HARVEST’ WITH YOUNG BLACK ‘URBAN FARMERS’