in

Wentyd-by-Senwes

Vyf klante van Senwes glimlag breed nadat hulle uitgevind het hoeveel afslag hulle op hulle somerproduksierekening gaan ontvang. Daar was in totaal R1 miljoen se afslag in die spel. Om die kroon te span het die welsynsorganisasie van elke finalis se keuse, ʼn skenking van R60 000 van Senwes ontvang.

Die trekking, wat by die Goldfields Casino in Welkom gehou is, is die hoogtepunt van die kompetisie waarvoor boere wat in 2011/2012-somerproduksiekrediet by Senwes Credit geneem het, gekwalifiseer het. Die uitslag van die trekking was soos volg:

R500 000 – Charlie Pearson van Vaalharts
R250 000 – Barend de Lange van Dealesville
R125 000 – George Truter van Bloemfontein
R75 000 – Uys van Heerden van Odendaalsrus
R50 000 – Ben Vosloo van Koppies

Die organisasies wat elk ʼn R60 000-skenking ontvang het, is die Juanita Taljaard Trustfonds van Vaalharts, Dealesville Hulpfonds, President Kruger Kinderhuis op Reddersburg, Mev. President Steyn Tehuis op Odendaalsrus en NG Kerk Weltevreden op Koppies. Volgens verteenwoordigers van die onderskeie instansies, sal die geld aangewend word vir opknappingsprojekte, welsynsprojekte en die delging van bedryfskoste.

“Die Wen ʼn Miljoen-kompetisie sorg nie net dat vyf van Senwes se gewaardeerde klante weer eens vanjaar wenners is nie, maar ook vyf verdienstelike organisasies uit die gemeenskappe wat ons bedien. Dit was ʼn uitmuntende idee om die kompetisie – waarmee ons terugploeg in die klante wat ons gereeld ondersteun – drie jaar terug uit te brei sodat die behoefte in gemeenskappe op so ʼn wyse aangespreek kan word,” het Francois Strydom, besturende direkteur, na afloop van die trekking gesê.

Aanstaande jaar se somerproduksietrekking-kompetisie is tydens die geleentheid aangekondig. Alle landbouprodusente wat suksesvolle opnemers van 2012 somerproduksiekrediet by Senwes is en wat ten minste R100 000 voor of op 31 Januarie 2013 opgeneem het, kwalifiseer outomaties vir deelname aan die kompetisie.

Charlie Pearson en sy vrou Petra van Vaalharts was vanjaar se groot pryswenners in Senwes se Wen ʼn Miljoen-kompetisie. Francois Strydom, besturende direkteur van Senwes (heel links), deel die R500 000-oomblik met hulle.


Die Pearsons’s se keuse van welsynsinstansie wat R60 000 van Senwes ontvang, het geval op die Juanita Taljaard Trustfonds. Klein Juanita moet ʼn kogleêre inplanting en ander operasies ondergaan. Staande van links: Gerrit van Zyl (Senwes Credit), Frans du Plessis (Senwes Village) en Pieter Esterhuysen (Senwes Grainlink). Sittende is Charlie en Petra Pearson, saam met Freek en Nellie Taljaard van Vaalharts (Juanita se ouers) op regterhand.

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Die-nuwe-Toyota-Etios-bring-sonskyn

Shiman – onthou die naam