in

Watter baler is die beste?

This post is also available in: Afrikaans

‘n Unieke balerwedstryd vind Vrydag (1 Februarie 2019) langs die N1 naby Parys plaas. Valtrac is die gasheer van die Farmboek Balerwedstryd. Die laaste paar inskrywings word nog vasgeknoop, maar dit lyk asof tot 12 verskillende balers die stryd gaan aanknoop om te kyk wie maak die mooiste groot rondebale in die kortste tyd.

Wynn Dedwith van Valtrac sȇ sover hulle kon vasstel was daar nog nooit so wedstryd gehou waar die trekkers en balers gelyk wegspring en oor ‘n afstand letterlik resies jaag nie! In elke trekker sal ook ‘n onafhanklike persoon saamry wat seker maak dat die baler darem binne sy spesifikasies werk.

Beoordeling sal gaan oor die digtheid of gewig van die bale, hoe skoon die baler die windry opgetel het en hoe vinnig die baalproses plaasvind.

Valtrac het reeds gesorg dat die windrye reg lȇ vir die groot dag. Sien die advertensie hieronder vir meer inligting.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 2

Upvotes: 1

Upvotes percentage: 50.000000%

Downvotes: 1

Downvotes percentage: 50.000000%

Mixed fuel picture for February

Valtrac celebrates its coming of age – 21 fertile years