in

Waterbeperkings vir boere

Die Departement van Waterwese het op 12 Augustus 2016 in die Staatskoerant afgekondig dat waterbeperkings in die wyer Vaaldam-opvangsgebied ingestel is. Sifiso Mkhize, waarnemende direkteur-generaal van die departement, sê die beperkings het ook betrekking op die Thukela- en Usutu-substelsels, asook die Inkomati-, Heyshope- en Zaaihoek- opvangsgebiede.

Dié gebiede sluit in dele van Gauteng, Mpumalanga, die noord-Vrystaat en Noordwes.  Volgens die afkondiging word stedelike gebruik met 15% en besproeiingsgebruik met 20% beperk tot verdere kennisgewing deur die departement.

Vrystaat Landbou verwag steeds dat afkondigings van waterbeperkings in die Caledon- en Oranjerivier-opvangsgebiede gepubliseer sal word.

Die voorgestelde beperkings is:

Caledonrivier: ’n 100% beperking terwyl duur water uit die Katse Dam in die stelsel vir menslike gebruik losgelaat word (na skatting sal dit vir die duur van vier maande gedurende die winter wees, hoewel dit tans onseker is of verdere water uit die Katze Dam verkry sal word) en ’n 75% beperking gedurende die ander tye.

Oranjerivier: ’n 15% waterbeperking.

Damvlakke tans:

Vaaldam: 33,4%

Bloemhofdam: 24,0%

Gariepdam: 57,6%

Vanderkloofdam: 64,8%

Katse Dam: 47,4%

 

Bron: Vrystaat Landbou Nuusflitse en departement van water en sanitasie

Foto: Gariepdam

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Hoër koringinvoertarief kan brood duurder maak

Ken jy die Veediefstalwet?