in

Wat is die beste manier om na wolskape oor te skakel?

This post is also available in: Afrikaans

LG du Pisani, nasionale bestuurder: produksie advies en ontwikkeling, Nasionale Wolkwekersvereniging van SA (NWKV)

Wolskaapboerdery is tans op ʼn hoogtepunt.  Baie boere wil daarna oorslaan, maar is met die huidige hoë pryse van wolskaap-ooie onseker of dit ekonomies geregverdig is. Die NWKV se produksie-adviseurs beskik oor rekenaarprogramme wat boere met die besluit sal help.

Die programme wat ontwikkel is, is gebaseer op verskillende opsies om na wolskape oor te skakel.  Die opsies behels die volgende:

  • Verkoop die totale bestaande skaapkudde en vervang dit met ʼn wolskaapkudde.
  • Verkoop jaarliks die vervangingsooie van die bestaande skaapkudde en koop wolskaap vervangingsooitjies in.
  • Koop wolskaapooitjies in met die inkomste van die bestaande kudde se jaarlikse uitskot ou-ooie.
  • Gebruik ʼn kombinasie van Opsie 2 en 3, waar die bestaande vervangingsooie en die uitskotooie met wolskaapooitjies vervang word.
  • Skakel ʼn hamelkomponent in by die bestaande boerdery.

Die prysverskille in die verkoopprys van die bestaande kudde en die aankoopprys van die wolskape wat aangekoop word, word deeglik in ag geneem by al die verskillende opsies.

Die voorbeeld wat volg, wys hoe Opsie 1 se aannames in die rekenaarprogram lyk en wat die uitset daarvan is.

AANNAMES WAT IN DIE PROGRAM VERANDER KAN WORD:

 

UITSET:

Die blou lyn verteenwoordig die netto wins van ʼn wolskaapkudde waar die verskil in die verkoopprys van die bestaande kudde en die aankoopprys van die wolskaapkudde oor ʼn periode van 5 jaar gefinansier word.  In die geval van die oranje lyn word die verskil oor agt jaar gefinansier.  Die grys lyn verteenwoordig die bestaande nie-wol skaapkudde op die plaas.

Die NWKV het adviseurs by vyf van die streekkantore.  Skakel gerus met die adviseur naaste aan u vir bystand en raad met die gebruik van die rekenaarprogramme.

Bloemfontein – Jan Louis Venter (083-650-1131)

Caledon – Jannie Fourie (083-564-1105)

Carnarvon – Gawie van Wyk (083-270-3161)

Harrismith – Bom Louw (082-652-2243)

Middelburg – Juan Venter (079-693-1953)

Queenstown – Kobus Grobler (072-593-5601)

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Kubota a is a positive work force on Emseni missionary farm

Silent, stress-free weaning is achievable