in

Vrystaat steier onder nog ‘n plaasaanval in Goudveld

This post is also available in: Afrikaans

Mark Regal, ‘n boer van die plaas Thelma in die Odensdaalsrus-omgewing, is op 11 November om ongeveer 19:40 noodlottig gewond.

Een aanvaller is op die toneel dood, terwyl die polisie vermoed dat nog ‘n aanvaller te voet gevlug het. Rudi van Vuuren, veiligheidskoördineerder van Vrystaat Landbou (VL), het bevestig dat die SAPD vinnig op die toneel was. Vrystaat Landbou betuig sy innige simpatie met die Regal-gesin.

“Dit is onaanvaarbaar. Die landbougemeenskap, maar ook die hele land, is keelvol vir die misdaad aanslag op onskuldige mense.” het Francois Wilken, president van VL, gesê. Die landbougemeenskap van Hennenman is nog in skok na die onlangse moord op Pieter Hills. Sy seun, Eddie, wat ook tydens die plaasaanval ernstig gewond is, het op 11 November weens sy beserings beswyk.

VL sal in oorleg met Hennenman boerevereniging ‘n vreedsame protesaksie in Hennenman voer op Maandag, 16 November tydens die borgaansoek van Hills se aanvallers. “VL sal wil sien dat kriminele wat vir plaasaanvalle- en moorde gearressteer word, geensins borg ontvang nie.” het Wilken gesê.

Bron: Vrystaat Landbou

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Climate advisory for the 2020/21 summer season

Waar laat vergoeding die Zimbabwiese boere?