in

Vrugteboere maak harte en sluise oop

water

Vrugteboere van Grabouw en Elgin gaan tussen 7,5 en 10 miljoen kubieke meter water aan die Kaapstad se metro skenk. Die boere het hulle harte en sluise oopgemaak om “hulle deel te doen” en Kaapstad met die huidige waterkrisis te help.

Boere wat aan die Groenland Watergebruikersvereniging (GWUA), ‘n privaat waternetwerk behoort, het na samesprekings besluit om die eenmalige skenking te maak. Die water kom uit privaatdamme in die gebied. Volgens Johan Groenewald, uitvoerende hoof van die GWUA, het boere van Grabouw en Elgin genoeg water vir dié huidige seisoen.

“Boere het self op die goeie daad besluit. Ons val in ‘n ander opvangsgebied en hoewel ons reënval ook die afgelope drie jaar veel laer as normaal was, het boere in die omgewing besef dat ons tans in ‘n meer gunstige posisie as Stad Kaapstad is.”

Ross Heyns, voorsitter van die EGVV (Elgin, Grabouw, Vyeboom, Villiersdorp) Landbouvereniging, het gesê die skenking sal boere aan die einde van die huidige seisoen in ‘n moeilike posisie plaas. “Ons gaan afhanklik wees van goeie winterreënval om reserwes weer aan te vul vir die volgende seisoen.”

Volgens Groenewald het boere in die streek vroeg reeds begin beplan en saam na besproeiingstegnieke gekyk.

“Boere pas byvoorbeeld beter skeduleringsaksies toe en maak seker dat alle plaastoerusting gereeld nagegaan word en dat daar geen lekkasies is nie. Ons lig ook gereeld alle waterverbruikers in oor die waterskaarste. Daar is ‘n duidelike kopskuif onder waterverbruikers en almal besef water is ‘n skaars natuurlike hulpbron.”

Boere in die Elgin en Grabouw-streek het oor etlike jare heen ‘n groot aantal damme met privaatgeld gebou om die sagtevrugtebedryf in dié streek te ontwikkel. Die water word op ‘n volhoubare en verantwoordelike manier bestuur. Die GWUA voorsien nie water aan die Vyeboom en Villiersdorp-omgewing nie, omdat dié boere water uit die Theewaterskloofdam kry. Die twee waterskemas is nie met mekaar verbind nie.

Bron: Hortgro

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

blueberry

Sustainable farming practices pave the way for growth and continuity in the local agri sector

Dom Boer se lag vir die dag: