in

Voorlopige aanplantingsyfers lyk goed

Dit blyk uit die voorlopige aanplantingsyfers wat deur die Oeskomitee vrygestel is dat ‘n hele paar mielielande vanjaar soja op het. Die Komitee waarsku egter dat die syfers net voorlopig is aangesien die skattings gegrond is op ‘n relatief swak deelname deur boere aan die opname wat deur die Direktoraat Statistiek en Ekonomiese Analise van die Departement gedoen word. 

Die syfers lyk tans so: 

Kommersiële mielies  

Die voorlopige skatting van die oppervlakte onder mielies beloop 2,656 miljoen ha, wat 1,18% of 31 750 ha minder is as die 2,688 miljoen ha wat verlede seisoen aangeplant is, maar ook 2,17% of 56 450 ha meer as die voornemens om te plant-syfer van 2,6 miljoen ha soos vrygestel in Oktober 2014. 

Die oppervlak onder witmielies is 1,488 miljoen ha, wat ’n afname van 4,10% of 63 550 ha verteenwoordig teenoor die 1,551 miljoen ha die vorige seisoen. In die geval van geelmielies is die oppervlakteskatting 1,169 miljoen ha, 2,80% of 31 800 ha meer is as die 1,137 milj. ha geplant die vorige seisoen. 

Ander gewasse

 Die voorlopige oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 561 000 ha, wat omtrent 6,34% of 37 950 ha minder is as die 598 950 ha aangeplant die vorige seisoen. 

Die geskatte oppervlakte beplant met sojabone is 620 300 ha, wat ’n toename van 23,34% verteenwoordig vergeleke met die 502 900 ha geplant die vorige seisoen. 

Vir grondbone is die oppervlakteskatting 55 200 ha, wat 5,90% meer is as die 52 125 ha geplant vir die vorige seisoen. 

Die oppervlakteskatting vir sorghum het afgeneem met 4,88%, van 78 850 ha tot 75 000 ha teenoor die vorige seisoen. 

In die geval van droëbone is die geskatte oppervlakte beplant 64 000 ha, wat 14,65% of 8 180 ha meer is as die 55 820 ha die vorige seisoen geplant. 

Die hersiene aangeplante oppervlakte en produksiesyfers sal deur die Oesskattingskomitee op 26 Februarie 2015 vrygestel word en sal hoofsaaklik gegrond wees op inligting verkry vanaf die “PICES”-opname vir die somerreënvalgebiede en behoort gevolglik akkurater en omvattender te wees. 

Wintergewasse: 2014 produksie-seisoen

Koring: Die verwagte kommersiële produksie vir koring is 1,776 miljoen ton, wat 0,9% of 15 500 ton meer is as die vorige skatting van 1,760 miljoen ton, terwyl die verwagte opbrengs 3,73 t/ha is. 

Die verwagte produksie in die Wes-Kaap is 899 000 ton (51%), in die Noord-Kaap 285 000 ton (16%) en in die Vrystaat 271 050 ton (15%). Die oppervlakteskatting vir koring is onveranderd gelaat op 476 570 ha. 

Ander gewasse: Die produksieskatting vir moutgars het effens afgeneem met 7 150 ton tot 310 361 ton. Die oppervlakte beplant is beraam op 85 125 ha, terwyl die verwagte opbrengs 3,65 t/ha beloop. 

Die verwagte kanola-oes is ook afwaarts aangepas met 4 750 ton na 123 500 ton. Die oppervlakteskatting vir kanola is 95 000 ha, met ʼn verwagte opbrengs van 1,30 t/ha.

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

2015 se Honda gee steeds die pas aan

OBP- sekere entstof is daar, ander nie