This post is also available in: Afrikaans
Braai is seker een van die woorde wat jy die meeste oor ‘n naweek hoor. ‘n Baie goeie vriend van ons het my voorgestel aan hierdie “moerby” resep – ek het hom aangepas soos en dis hoe ek hom nou aan julle voorstel.
Jy benodig:
– 2 koppie Jasmyn of Basmati rys, half gekook
– Speserye na smaak (Spice for Rice werk heerlik)
– Verskeidenheid groente (murgpampoentjies, sampioene, pampoen, klein mielietjies, pepers ens – alles moet rou wees)
– halwe blok botter, in +/- 2cm blokkies gesny
Nou maak jy so:
– Kook die rys tot halfgaar (met ander woorde, hy moet net begin wit raak maar nie sag wees nie)
– Gooi dit in ‘n mengbak uit.
– Voeg nou 2 eetlepels Spice for Rice (of speserye van jou keuse) by en meng goed deur.
– Gooi jou rou, opgekapte groente in die bak en meng saam met die rys (Onthou, hoe kleiner die groente gesny is, hoe vinniger word dit gaar – maar moenie te klein gaan nie)
– Vou nou Foelie in ten minste vyf lae bo-op mekaar en plaas jou rys in die middel.
– Plaas jou botterblokkies eweredig oor die rys. Sprinkel met sout en peper.
– Vou die foelie deeglik toe.
– Plaas die pakkie op die braaier saam met jou vleis op die kole vir minimum 30 minute.
(Die rys stoom nou gaar in die Foelie).
Resep gegee deur: Daniëlle Terblanche from Deli-icious Catering. Skakel 012-335-0051, 079-617-3122 of stuur vir haar ‘n e-pos by dvdm87@gmail.com vir bestellings. Of besoek haar webwerf by: http://www.deliciouscatering.co.za.