in

VL se Jongboer van die Jaar 2017 aangekondig

Johan van Huyssteen (35), van die plaas Bloekom naby Virginia, is op ’n glansgeleentheid by Monte Bello Landgoed in Bloemfontein as Vrystaat Landbou se Jong Boer van die Jaar  aangewys. Dit is die 21ste jaar wat dié kompetisie aangebied word. Standard Bank is die hoofborg.

Die ander twee finaliste was Willie Stols van Vierfontein en Herman Archer van Trompsburg. Die beoordelaarspan sê die droogte het unieke uitdagings vir die kompetisie gebied en die drie kandidate het behoorlik hulle staal gewys.

Prof Pieter Fourie, assosiaat professor by die Sentrale Universiteit van Tegnologie (SUT) Vrystaat se Departement van Landbou en sameroeper van die beoordelaars, sê die droogtetoestande het al drie die finaliste geraak en verskeie aspekte moes oorweeg word. Hy sê dit was uitdagend om ’n wenner te kies, want die finaliste het almal goed gevaar.

Meer oor Johan en sy boerdery: Diversifisering is goed, maar ek kies eerder om te spesialiseer!

Johan en Juanita van Huyssteen boer op die plaas Bloekom, in die Virginia distrik.  Hy en sy pa boer saam.  Volgens Johan is hy ʼn perfeksionis en beplanner, eienskappe wat hy in al die fasette van sy boerdery probeer toepas. Die beste manier van doen word in alles oordink en beplan. Hy hou egter van eenvoud; hoe makliker, eenvoudiger en vinniger – hoe beter!

Die vernaamste verandering wat hy in die boerdery teweeggebring het is voor-aanplantingsvoorbereiding met presisietoerusting. Topbemesting word nie meer toegepas nie, wat bydra tot beter wortelontwikkeling.

Vertakking% bydrae tot boerderyomsetOmvang (ha of GVE)
Mielies100%2 500 ha
Bees0% bou nog kudde125

Die toekomsvisie vir die boerdery is om volhoubaar te groei, risiko’s te bestuur en om meer doeltreffend te boer. Johan wil ook in die toekoms tegnologie beter benut.

Van die vernaamste risiko’s wat hy moet bestuur is droogte en die prys van produkte. Die 50% oorlê-sisteem wat gebruik word, dra by tot goeie opbrengste en werk droogtetoestande teë. Wat prysbestuur betref, word stappe saam met maatskappye wat inligting verskaf, gevolg. “Met goeie inligting kan goeie besluite geneem word wat so risiko’s beperk.”

Johan is ’n aktiewe lid van die gemeenskap en landbouvereniging. Hy is iemand wat leiding kan neem en mense inspireer. Hy is tans voorsitter van Virginia Landbou asook die Brandvereniging. Hy was ook lid van Vrystaat Landbou se Jongboer Komitee.

Foto: Juanita en Johan van Huyssteen

What do you think?

1 point
Upvote Downvote

Total votes: 1

Upvotes: 1

Upvotes percentage: 100.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

ETG

See what ETG’s soluble products can do for you

red meat

Rooivleispryse styg terwyl boere kuddes herbou