in

VL gaan publiek se standpunte ook verteenwoordig oor OSV

valley

This post is also available in: Afrikaans

Vrystaat Landbou het vandag ʼn brief aan die hoofswepe van verteenwoordigende politieke partye in die parlement gestuur in ʼn poging om elke parlementslid te herinner aan sy belofte en taak om die land en sy mense te dien.

Die organisasie beklemtoon dat parlementslede die Onteieningwetsontwerp met deursigtigheid en wysheid moet oordeel. Die realistiese uitkomste en risiko’s wat dié wet in sy huidige formaat vir mense en kinders se toekoms inhou is katastrofies.

Die Parlementêre komitee het dié week bekend gemaak wat die moontlike datums vir mondelinge submissies rakende die Onteiening Wetsontwerp (B23-2020) is. Dit gaan gedurende 24 en 25 Maart 2021 aangehoor word deur lede van die komitee, verteenwoordig vanuit die verskeie politieke partye.

“Ons weet hoe mense op grondvlak voel oor onteiening sonder vergoeding. Ons wil dit onomwonde stel dat mense in Suid-Afrika ʼn goeie en standvastige werk soek met goeie opleiding en ‘n werkende staatsdiens. Mense soek nie grond nie. Politici moet ophou om grond en boere te gebruik as ʼn tema om populistiese uitsprake te maak omdat hulle nie verantwoordelikheid wil neem vir die ineenstorting van ‘n staatsdiens
en ʼn krimpende ekonomie nie,” sê Francois Wilken, President van Vrystaat
Landbou.

Volgens Wilken moet parlementslede kennis neem van die risiko’s verbonde aan swak wetgewing wat geskoei is op uitgediende radikale ideologieë. Vrystaat Landbou is een van die organisasies wat mondelinge submissies gaan maak aan die parlementêre komitee.

Vrystaat Landbou lys sommige van die risikos as:

  1. Die wetsontwerp bring reeds beleidsonsekerheid en met die inwerkingstelling
    daarvan sal kapitale investering gestop word in groot dele van die ekonomie.
  2. Die vae beskrywing van “openbare belang” en “eiendom” beteken dat die
    staat alle eiendom kan onteien. Die vernietiging van eiendomsreg.
  3. Sonder eiendomsreg sal onsekerheid uitbrei en heers in die markte wat
    verdere ekonomiese inkrimping en werksverliese gaan veroorsaak.
  4. Onrealistiese verwagtinge wat geskep is in aanloop tot dié wet gaan onstabiliteit in die land vererger.

“Ons gaan gewone Suid-Afrikaners se standpunte verteenwoordig en hulle gevoelprobeer verwoord teen die vernietigende wetgewing. Vrystaat Landbou sal saam metsy lede en individue byna 86 000 mense verteenwoordig. Elke Parlementêre lid gaanhoor wat die negatiewe inpak van dié wet op ons mense gaan wees,” sê Wilken.

Bron: Vrystaat Landbou

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Celebrate the legacy of the Maxeco boot from Lemaitre

Opel Corsa

Nuwe Opel Corsa loop nou met Franse styl