in ,

Valley se ICON®-reeks laat elke druppel tel

This post is also available in: Afrikaans

Min dinge is vir ՚n boer so lekker as om te kyk hoe dors beeste suip of
hoe elke plant op sy land presies die regte hoeveelheid water kry om top produksie te lewer. Hierdie lekker word nog lekkerder en makliker gemaak deur Valley se ICON®-reeks wat self kan oordeel wat die boer en die gesaaides nodig het. Die ICON®-reeks is ՚n uitstekende opsie vir besproeiingsboere wat die nuutste tegnologie op hulle plaas wil inspan om met die druk van ՚n knoppie op ՚n slimskerm besproeiing te bestuur.

Digitale besproeiing verg die minste moeite van die boer en doen stil-stil sy
werk sonder om een van ons land se kosbaarste bronne te vermors: water.
Die ICON® reeks bring die beste eienskappe van Valley se toonaangewende tegnologie-oplossings naamlik AgSense®, BaseStation3™ en Valley 365®, op een plek saam.

“Met Valley se ICON®-reeks het boere die kombinasie van die beste tegnologie op hulle vingerpunte,” sê Emile van der Merwe, Valley se diens
streeksbestuurder. “Die slim beheerpanele verminder die tyd en moeite
van onnodige besoeke aan jou lande, en bied vir jou die beheer wat jy nodig
het om jou besproeiingstelsel eenvoudig en doeltreffend te bestuur.”

Valley bied boonop die mees gevorderde instrumente vir afstandbeheer
en monitering aan, danksy die toonaangewende reeks, asook die AgSense® produkte vir afstandbeheerde plaasbestuur wat in elke ICON®-slimpaneel ingebou is. Die ICON®-beheerpanele en slim raakskerms is aanpasbaar by
bestaande tegnologie en kan selfs ingespan word om ouer stelsels of ander
vervaardigers se stelsels te verstaan.

Emile verduidelik dat die ICON®-reeks se beheerpanele ՚n wye verskeidenheid nuttige dinge kan doen. Daar is drie ICON®-modelle in Afrika en Suid-Afrika beskikbaar. Hulle is onderskeidelik die ICONX®, ICON5® en ICON10®. Elkeen van hierdie modelle is ontwerp vir ՚n besondere kliëntemark, afhangende van die boer se behoefte.

Die unieke ICON®-reeks se uitsonderlike kenmerke sluit in:

  • Die sagteware het ՚n aanvoeling wat elke boer se unieke behoeftes leerken en verstaan.
  • Dit is kostedoeltreffend en bespaar boonop tyd wat die besoeke wat jy aan jou landerye moet aflê verminder, met gevorderde kontroles en beheerpanele vir noukeurige, tydbesparende bestuur.
  • Die ICON®-reeks stel boere in staat om spesifieke funksies by hulle stelsels te voeg namate hulle boerderye groei en verander.
  • Al die ICON®-panele het skakels na AgSense®, BaseStation3™ asook die Valley 365®-toepassing vir die beheer en monitering van jou spilpunt.
  • Die ICON®-reeks panele kan ook die spilpunt se kabels moniteer om die boer teen moontlike kabeldiefstal te waarsku.
  • Die reeks is ook toegerus met Variable Rate Irrigation (VRI). VRI stel die boer in staat om elke deel van die sirkel volgens sy eie behoefte te besproei.

“Sedert ons die ICON®-reeks vrygestel het, het ons landbouproduktiwiteit
bevorder, wat boere help om groter opbrengste met minder water- en
energiebronne te lewer,” sê Emile. Die ICON®-reeks beheerpanele het soortgelyke vermoëns, maar daar is ՚n paar onderskeidende kenmerke wat die verskillende modelle van mekaar onderskei.

ICONX®
Die ICONX® is ՚n kleiner beheerpaneel wat versoenbaar is met die meeste mededingende spilpunte en word gebruik om hierdie spilpunte op jou plaas oor ՚n afstand te beheer. Dit het ՚n 5-duim (127 mm), volkleur raakskerm met sagte raakknoppies, en is maklik om te gebruik met sy intuïtiewe koppelvlak.

ICON5®
Die ICON5® het ՚n volgrootte beheerpaneel met ՚n 5-duim (127 mm), volkleur raakskerm en sagte raakknoppies verskaf die beheer. Dit het ook ՚n intuïtiewe en maklik bruikbare koppelvlak.

ICON10®
Die ICON10® is die grootste in die reeks, met ՚n volgrootte beheerpaneel asook ՚n hoogs sigbare 10-duim (254 mm), volkleur raakskerm. Die ICON10® bied die beste tegnologie met ingeboude Wi-Fi-verbinding, sowel as՚n intuïtiewe en maklik bruikbare koppelvlak.

“Die ICON®-reeks is gebruikersvriendelik ontwerp en sluit sigbare terugvoer op die beheerpaneel se hoofskerm in. Die opstelling en werking van die stelsel is soortgelyk aan dié van ՚n slimtablet,” verklaar Emile.

Valley se ICON®-beheerpanele is vir ՚n jaar gewaarborg en dit sluit hardeware soos die ICON® Module, Smart Relay Board, Encoder en Pressure Transducer in. “Valley-klante kry die hulpbronne van die mees betroubare besproeiingshandelsmerk en toonaangewende handelaarsnetwerk,” sê Emile.

“Ondersteuning vir stelsels, onderdele en diensondersteuning word gebied deur ՚n netwerk bekwame handelaars in Afrika en Suid Afrika. Ons is trots daarop om aan boere se behoeftes te voldoen.”

Kontak Francois Griesel vir meer inligting oor Valley-besproeiing en die ICON®-reeks by Francois.Griesel@Valmont.com of skakel +27(0)67-412-9089. Besoek die webwerf by www.valmont.com.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Ford Ranger XL Sport 2.2TDCi Dubbelkajuit 4×4 outo

ProAgri Zambia 65