in

Uitgebreide rypskade dwing Oranjerivier-wingerde op hulle knieë

‘n Onverwagte en geweldige voorsomerskok het die Benede-Oranjeriviergedie getref in die vorm van ernstige swartryp wat twee weke gelede oor die gebied voorgekom het.
rypskadeSultana blok op Skanskopeiland (Keimoes)

Volgens rekords was dit die laagste temperature vir dié tyd van die jaar vir 126 jaar. In die verlede was daar ook rypskade gewees, maar net plek-plek. Temperature so laag as -10áµ’C is Sondagoggend, 22 September op sekere liggings gemeet. Die skade wat nou plaasgevind het, was algemeen vanaf Groblershoop tot by Blouputs en dit is ʼn afstand van ongeveer 250km.

Skade is aangerig aan uitvoerdruiwe, droogdruiwe en wyndruiwe.

Landbou-organisasies wat die wingerdboere in die gebied verteenwoordig reken dat daar groot skade aangerig is. Die inligting wat tot nou toe ingewin is, is ʼn vooruitskatting en die finale skade sal eers oor ʼn maand tot ses weke bepaal kan word.

Die skade aan die druiwe is geweldig groot. Afgesien van die produksieverlies, is die insetkoste van die wingerde ook noemenswaardig hoog. Daar is ook ʼn negatiewe uitwerking op veral die verminderde aantal seisoen werkers wat in diens geneem sal word.

Die grootse skade is aan die sultanadruiwe aangerig. Meer as 80% van die sultanadruiwe het reeds gebot. Die skade aan die sultanablokke wissel van 30% tot 100%. Die gebiede wat uitgesonder word met erge skade wat wissel van 80% tot 100% is Groblershoop, Bo- en Onder-Gariep, Swartkop, Louisvale, Kanoneiland, Skanskop-eiland, Loxtenvale en Friersdale.

Ongeveer 800 hektaar tafeldruiwe is beskadig en sal geen oes lewer nie. Dit verteenwoordig 15% van die tafeldruiwe wat in die gebied verbou word. Daar is altesaam 49 boere wat skade gelei het. Konserwatief gereken is die produksieverlies 2,5-miljoen kartonne teen ʼn gemiddelde prys van R100 per karton

Soos in die geval van Merbein Seedless, het die wyndruiwe nog nie werklik begin bot nie en was die skade aansienlik kleiner gewees. Volgens OWK se statistiek is daar tans 4 000 hektaar produserende wynkultivars in die gebied. Die verwagting is dat hier 15% skade gaan wees, wat dan 600 hektaar sal beloop. Dit beteken teen ʼn opbrengs van 32 ton per hektaar dat die oes 19 200 ton kleiner sal wees as gevolg van die rypskade. Dit wil sê teen ʼn inkomste van R1 400 per ton wyndruiwe sal die oesverlies ongeveer R27-miljoen beloop.

Die totale oesverliese aan tafeldruiwe is R250-miljoen; sultanas R238-miljoen; Merbein R43,5-miljoen; wyndruiwe R28-miljoen en die groottotaal is R559,5-miljoen. Die totale insetkoste vir die vrugtelose oeste is R195,5-miljoen. Die totale oesverlies plus vrugtelose insetkoste gee dan ʼn bedrag van R755-miljoen.

Boonop is daar 15 096 seisoensarbers wat nie in diens geneem sal kan word nie.

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Goedkoop-hoenderstorting-uiteindelik-vasgevat

SAJWV:-As-jy-stroop-moet-jy-trap.