in ,

Tweede Agri Gauteng Ekspo vir opkomende boere

Agri Gauteng Ekspo veiling

This post is also available in: Afrikaans

Agri Gauteng, in vennootskap met Agri SA, het die tweede Agri Gauteng Ekspo van 7 tot 9 Augustus by Vleissentraal, Onderstepoort aangebied.

Die skou is verbind daartoe om jong en opkomende boere bloot te stel aan ’n bedryf wat die moontlikheid bied om volhoubare werkskepping daar te stel, en dus armoedeverligting te bewerkstellig.

Die ekspo het twee primêre doelwitte in gedagte gehad:

• ‘n Inleiding tot ‘n bestaande  landbouwaardeketting.

•  Praktiese blootstelling, opleiding  en ontwikkeling van boerderypraktyke oor 11 fokusgebiede.

Hier is van die uitstallers en besoekers wat die skou bygewoon het:

Michris Janse van Rensburg van Backsaver Farming Equipment het die opkomende boere gewys hoe sy kunsmistoedieners maklik sonder sukkel die kunsmis in die grond plaas. Hy het ook twee pryse by die skou weggegee in samewerking met ProAgri. Donald Masemola het n outomatiese enkelskootkunsmistoediener gewen en Walter Khoza het met n wielkunsmistoediener huis toe gegaan. Die wielkunsmistoediener bevat 8 kg kunsmis en die hoeveelheid wat toegedien word, kan fyn gekalibreer word.
Drie besoekers aan die Agri Gauteng-skou saam met Izel Zeelie van ProAgri by registrasie. Elke besoeker aan die skou het n gratis ProAgri ontvang.
Vin Marcantuono, Debbie Adams en Kobus Prinsloo van Nutri Feeds wys hulle verskeidenheid voerprodukte vir hoenders, beeste, skape, bokke en wild.
Marthie Nickols en Hano van der Merwe van Wisium by hulle stalletjie by die Agri Gauteng Ekspo. Wisium verkoop voermengsels wat hulle by boere se voer meng vir varke, hoenders, skape en wild.

Daar was ook verskeie beesrasse by die skou om van nader te bekyk, asook n veiling:

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

No solutions offered by EU chicken industry study

volvo

Middellewe mooimaakkuur vir Gothenburg se XC90 bring nuwe tegnotruuks