in ,

Troef klimaatstoestande met PlusNet-skadunet

This post is also available in: Afrikaans

Uitdagende klimaatstoestande besorg baie boere hoofbrekens. Gelukkig is daar skadu- en haelnette wat kan help om boere se belange te beskerm. Al hoe meer boere gebruik nette om die voordeel van gehalte vrugte se hoër pryse te geniet en om die risiko van skade aan die vrugte te verminder.

Om beheer oor jou gewasse se voedingstowwe te hê help al klaar baie,
maar om jou warmte en sonlig ook te kan reguleer is beslis iets om ernstig te oorweeg, veral met die dreigende en onsekere toekoms van klimaatsverandering wat vir ons voorlê.

Baie navorsing is gedoen oor die verskillende soorte en kleure skadunet,
aangesien dit ‘n regstreekse invloed het op die gewas daaronder. Vandag is PlusNet een van die vernaamste vervaardigers van ՚n wye reeks skadunette vir landbouproduksie. Die produksie van hoë gehalte vrugte met die verlangde vruggrootte, goed ontwikkelde skilkleur, vlekkelose voorkoms en goeie smaak, is van uiterste belang vir Suid-Afrika se vrugte-uitvoerbedryf om volhoubaar te bly.

Skadunette is ՚n voor-oestegniek wat gebruik word om gewasse te beskerm teen oormatige sonlig-, wind- en haelskade. Skadunette is doeltreffend
om sonbrand te verminder en die meeste probleme kan deur die korrekte kombinasie van skadunette opgelos word.

“Klimaatverandering en verfyning van kultivars het al hoe belangriker
begin raak,” sê Arno Marx, verkoopsverteenwoordiger van PlusNet in die
Vrystaat. “Dit is dus belangrik om voortdurend uit te kyk vir vernuwende
maniere om jou mededingend te maak in die mark. ‘n Boer wat pas geplante boorde met skadunet bedek, kan tot ՚n jaar vroeër in produksie wees.”

Drie van die vrugteboer se grootste vyande is hael, wind en sonbrand, sê
Arno, en PlusNet maak voorsiening vir elke behoefte: “Elke kliënt het spesifieke behoeftes vir spesifieke gewasse. Al hoe meer boere besef die voordele wat dié net vir hulle bied, veral in die groeifase wanneer gewasse beskerming die nodigste het, en niemand wil tog agteruit boer nie.”

Met vandag se mededingende uitvoermark kan boere nie meer bekostig
om opbrengste te verloor as gevolg van ‘n haelstorm nie. As jy enigsins
wil meeding in die uitvoermark het jy amper nie ՚n keuse as om hierdie nette oor jou boorde te sit nie. Danksy die fisiese beskerming en die skep van ՚n vriendeliker mikroklimaat verbeter die nette jou boord of wingerd se prestasie aansienlik.

“Die appels is ՚n redelike uitdaging omdat daar so groot verskeidenheid
kultivars is. Die skadunette verbeter fotosintese wat vegetatiewe groei en
vrugproduksie bevorder.” Deeglike navorsing en baie ervaring stel PlusNet
se kundiges in staat om presies die regte net vir jou gewasse aan te beveel.
Vrystaatse boere wat PlusNet se skadunet in hulle boorde opgerig het, geniet nou die voordeel dat hulle produkte reeds so vroeg as Januarie met sekere kultivars gereed sal wees vir oes en bemarking.

Om nog meer inligting en kennis oor skadunet vir appels in te samel, het
PlusNet gedurende Februarie 2021 toetsblokke met twee verskillende
soorte skadunet tussen Bethlehem en Clarens in die Vrystaat opgerig. Elke
toetsblok beslaan 12 by 24 meter met 74 bome van verskillende kultivars,
onder meer Lady in Red, Granny Smith, Bigbucks, Royal Gala, Pink Lady en Inored/Story.

Die blokke is met verskillende soorte skadunet toegemaak; die een blok met
20% Titanium-net en die ander blok met 20% grys net. Die proewe sal oor
die volgende drie tot vier jaar gemoniteer word om te bepaal of daar ՚n verskil in groei en produksie onder die twee soorte net is. PlusNet skadunet bied meer as net skadu; een van die grootste voordele is die versekering van en toename in opbrengs, asook die versnelde produksieproses wat sorg dat nuwe aanplantings gouer ՚n oes lewer.

Jy kan ook wen met PlusNet. Praat vandag nog met die verkoopskonsultant in jou gebied, skakel Plusnet by (+27)11- 412-3954 of stuur ʼn e-pos na nets@plusnet.co.za. Besoek ook die interessante webwerf by www.plusnetgeotex.co.za

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Kry jou Strautmann-voermenger by Inttrac Trading en … Voer jou vee vir sukses

Slim skaapboere gebruik Rumax se pilmasjiene