in ,

Troef elke parasiet met Tal-Tec se beesspuitgang

DCIM100MEDIADJI_0553.JPG

deur Du Preez de Villiers

’n Parasietvrye bees is ’n gelukkige bees, wat maklik aanteel en maklik sy kos in gewig omsit om vir sy baas goeie geld te verdien. Beeswerkers wat vinnig en met min moeite en min spanning vir die beeste hulle werk kan doen, beteken ook voorspoed en minder sorge vir die boer.

Hierdie manier van dink het Tal-Tec aangespoor om ’n uithaler-beesspuit-gang te ontwerp en die boere is gaande daaroor. Tydens NAMPO was dit een van hulle produkte wat met groot lof bespreek is.

Een van die boere wat spesiaal vir Greg Talbot gaan gelukwens het, was Jason Middleton, bestuurder van Old Mac Farm buite Vereeniging. Na die genot wat hy uit sowel sy klein as sy groot nekklamp, wat hy in November verlede jaar by Tal-Tec gekoop het, geput het, het die Old Mac Farm-be-stuurspan twee maande gelede besluit om ook Tal-Tec se beesspuitgang aan te skaf. Jason sê dipopgiet is ’n tydsame en duur oefening wat ook net regtig werk as ’n mens dit self doen of baie fyn dophou. Dit was tyd vir ’n verbetering.

Die pakket kom volledig met ’n 1 300-liter veselglastenk met ’n dreineringsprop, ’n terugvloeisif van vlekvrye staal, ’n 3,5-kW petrolenjin met ’n 80-mm pomp, hoëdruk suig- en leweringskoppelpype, spuitkoppe, staalpype en sinkplate.

Die Old Mac Farm-bestuurspan het besluit om die selfhelppakket te koop. Jason se voorbereidingswerk was die grawe van ’n put vir die veselglastenk en die gooi van ’n fondasie waarop die struktuur opgerig is. Hy het die spuitgang netjies in sy bestaande drukgangkampstelsel geïntegreer. Die oprigting was eenvoudig en het ’n dag of wat geduur. Die instel, toets en aanpassings was ook ’n vulletjie.

Old Mac Farm fokus op die grootmaak van speenkalwers om hulle voerkraalgereed te kry. Hulle ander plaas naby Parys het ook ’n Brahmanstoet. “Ons oorweeg dit om ook ons eie voerkraal te begin,” sê Jason.

Daar was al ’n rooiwateruitbraak op die plaas buite Vereeniging en Jason kan dus nie bekostig om kanse te waag met hulle dipprogram nie. “Ons dip in die somer elke twee tot drie weke en in die winter elke vier tot vyf weke,” sê hy.

Voor die beesspuitgang sy opwagting gemaak het, moes Jason en sy span die beeste met ’n opgietmiddel behandel wat op die ruggraat van die dier aangewend word. Dit het hulle ongeveer anderhalf dag gekos om hulle 800 kalwers en groot beeste deur die drukgange te kry. Maar met die eerste probeerslag het die spuitgang Jason toegelaat om die 800 beeste binne vier uur deur te jaag. “Hierdie is ’n nuwe stelsel en die diere was nog nie gewoond daaraan nie. Ek dink ons sal in die toekoms die proses in tussen twee en drie uur kan afhandel,” sê Jason.

In die Bosveld is al gevind dat beeste selfs daarvan hou deur die spuitgang te beweeg omdat dit hulle lekker afkoel.

Op die oog af lyk die spuitgang baie eenvoudig, maar die 34 spuitkoppies wat van onder, bo en langs elke kant elke holte en gleufie op ’n bees deurnat maak, is presies op die regte plekke regdeur die hele tonnel versprei. Die stewige staalwaterpype wat sorg dat elke spuitkop genoeg spuitstof kry, dien ook as die raamwerk van die struktuur.

Die dipmengsel wat van die beeste afvloei, word in ’n geut opgevang waar dit terug na die put vloei en deur die staalsif gefiltreer word om weer gebruik te word.

Die beesspuitgang beteken ook geweldige kostebesparings vir Old Mac Farm. “Ons gooi slegs ses liter dipstof saam met die water in die tenk om die 800 beeste te behandel, Dit beteken ’n besparing van 75% teenoor die vorige opgietmiddel. Die opgietdip was ook baie arbeidsintensief. Nou kan die werkers eerder vir ander take aangewend word,” sê Jason.

Bheki Matsheni is die eienaar van Mlekis Beef en hy boer met 240 beeste naby Rust de Winter. Hy kruis Bonsmaras en Simbras om speenkalwers vir die voerkrale te lewer. Hy het ook met bosluise gesukkel en moes sy diere gereeld dip. Vier jaar gelede het hy Tal-Tec se beesspuitgang gekoop en ook gevra dat Tal-Tec se span die oprig-tingswerk doen. Nou stuur hy sy diere elke tweede week sonder enige moeite deur die spuitgang – en die bosluise sidder.

“Ek is baie tevrede met die bees-spuitgang en dit is net maklik en eenvoudig om nou my diere gesond te hou,” sê Bheki.

Om die moedeloosheid uit jou diere se dipbehandeling te haal kan jy Tal-Tec se verkoopspan by 012-250-2188 skakel of Tommie Geyser by +27 (83) 279-5965 of e-pos sales@taltec.co.za. Besoek ook gerus hulle gebruikersvriendelike webwerf by www.taltec.co.za om meer uit te vind.

Foto4 Put
Die 1 300-liter waterput is toegerus met ’n sif om die dipmengsel skoon te hou sodat dit hersirkuleer kan word. Die geut vang al die afloopdipmengsel op en lei dit terug na die tenk.
’n Bees wat deur Tal-Tec se spuitgang beweeg het, is sopnat gespuit sodat elke uitwendige parasiet wat wegkruip, sy dosis dipstof kan kry.
’n Bees wat deur Tal-Tec se spuitgang beweeg het, is sopnat gespuit sodat elke uitwendige parasiet wat
wegkruip, sy dosis dipstof kan kry.
Die groot hoeveelheid dipmengsel wat die beesspuit op die diere se lywe aanwend, maak dat die diere blitsvinnig na mekaar deur die spuitgang kan beweeg, wat die werktyd dramaties verkort.
Die groot hoeveelheid dipmengsel wat die beesspuit op die diere se lywe aanwend, maak dat die diere
blitsvinnig na mekaar deur die spuitgang kan beweeg, wat die werktyd dramaties verkort.
Tal-Tec kan ook hulle pype warmversink sodat die beesspuitgang nooit sal roes nie.
Tal-Tec kan ook hulle pype warmversink sodat die beesspuitgang nooit sal roes nie.

Foto5 Beeste

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Agbiz vereer Hans van der Merwe se rol in die landboubedryf

Riglyne vir die suksesvolle vestiging van lusern