in

Trekkerverkope vir Januarie 2018 is 10% meer

trekkers

Trekkerverkope van 527 eenhede in Januarie is aansienlik (10%) meer as die 478 eenhede wat verlede Januarie verkoop is. Stroperverkope van agt eenhede in Januarie is die helfte van die 16 eenhede wat verlede Januarie verkoop is.

Soos in geval van verkope in Desember, was trekkerverkope in Januarie verrassend goed en dit dui daarop dat die mark steeds positief is. Daar is op die oomblik verskeie interaktiewe faktore wat die landbou- en landboumasjineriebedryf beïnvloed. Hoewel goeie reën geval het in baie van die somergewasgebiede, was reën in die hele somerreënvalgebied baie wisselvallig en dit het gelei tot wisselvallige gehalte van gewasse. Weens die laat reën in sekere gebiede, het sekere boere sonneblom in plaas van mielies aangeplant.

Verkope word ook beïnvloed deur banke wat huiwer om vir boere geld te leen om kapitaaltoerusting aan te koop, hoë voorraad gewasse wat oorgebly het na verlede jaar, die huidige bedrukte pryse vir gewasse en die sterker rand.  Dit is baie moeilik om die uitwerking van al dié faktore op verkope van toerusting oor die korttermyn te bepaal. Ramings in die bedryf vir die 2018-kalenderjaar bly nietemin dat trekkerverkope minstens teen dieselfde vlakke sal bly as verkope vir 2017.

Bron: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Dom Boer se lag vir die dag:

gun

Concourt reserves judgement on constitutionality of firearms legislation