in

Trekkerverkope groei 12%, maar stropers daal effens

Tot op hede is daar 150 minder trekkers vanjaar verkoop in vergelyking met die eerste nege maande van 2013.

Trekkerverkope van 588 eenhede is ongeveer 12% meer as die 523 eenhede wat verlede September aangemeld is. Verkope vir die tydperk van nege maande van die jaar tot dusver, is nou ongeveer 3% laer as verkope vir die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Stroperverkope van 16 eenhede in September is vyf eenhede laer as die 21 eenhede wat in September verlede jaar verkoop is. Vir die jaar tot dusver, is stroperverkope ongeveer 5% laer as verkope vir dieselfde tydperk verlede jaar.

Gedurende die maand het sentiment in die mark verander van optimisme tot omsigtige optimisme. Die meeste boere, veral in die oostelike somergewasgebiede, wag gretig op reën.

Hoewel mieliepryse in onlangse maande gedaal het, is goeie oesopbrengste in die meeste gebiede behaal. Dit het boere in staat gestel om aankope te doen voor dat toerusting dalk duurder kon word weens die onlangse daling in die waarde van die rand.

Korttermynvooruitsigte vir verkope van toerusting sal waarskynlik afhang van weersomstandighede in die volgende drie tot vier weke – die tydperk net voor die aanplant van somergewasse. Ramings in die bedryfhou vol by die verwagting dat die mark in 2014 tussen 5 en 10% laer sal wees as verlede jaar.

Die volgende maatskappye se verkope dra by tot die syfers: Argo Industrial (Landini, Kioti en McCormick), Bell Equipment (Bell), Dicla (Farmtrac en Chery), Eqstra Agri Equipment (Deutz Fahr en Same), John Deere South Africa (John Deere), Kempston Agri (Claas), Michigan Equipment (Tafe), New Holland Suid-Afrika (New Holland), Northmec (Case IH) en Valtrac (Valtra).

Bron: SALMA

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Mielieboere kan dalende pryse bestuur

ANC en Cosatu speel politiek met uitsettingskwessie