in

Top-Brahmane-behaal-toppryse-in-die-Noorde

Die Top North Brahman-veiling het einde verlede jaar op ‘n hoë noot afgesluit. Daar is 45 diere verkoop tydens die veiling by Andrè Kock en Seun- veilingsterrein, by Warmbad.

41 bulle is te koop aangebied; die hoogste prys was R45 000 en die gemiddeld was R27 000. Drie vroulike diere is ook by die veiling verkoop vir R15 000 stuk en een vers het R8 000 behaal.

Die volgende Brahman-veiling wat plaasvind is die Extreme Brahmanveiling naby Derby wat op 16 Februarie gehou word.  Die veiling word aangebied deur Simon Hodges.

Van links na regs: Willie Becker, Theo Dicke, Marius Prinsloo, Renier van Vuuren (koper), Louis Trichardt, Willem Barnard.

Vir meer inligting praat met Karin Botha van Brahman Beestelersgenootskap van Suid-Afrika by 051–444–0172.
 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Cosatu beëindig staking

Die beste melk(koei)