in

TLU SA stuur veldtog oor onbillike eiendomswaardasies van stapel

This post is also available in: Afrikaans

TLU SA het vandag ‘n veldtog van stapel gestuur om kapsie te maak teen opgeblaasde eiendomswaardasies.

Munisipaliteite regoor die land is in die proses om eiendomme te inspekteer vir algemene of aanvullende waardasierolle. Die waarde van die eiendom bepaal ook die tarief wat op dienste en belasting vir die eiendom gehef word.

“Ons het uit verskeie oorde verneem dat die waardasies van eiendomme op sekere plekke, veral in die landbousektor, onredelik en uitermatig verhoog word,” sê Mnr. Louis Meintjes, die president van TLU SA. “Met hierdie veldtog moedig ons alle grondeiendaars aan om kapsie aan te teken teen opgeblaasde eiendomswaardasies.”

TLU SA kan grondeienaars bystaan om waardasies na te gaan en beswaar te maak teen onakkurate waardasierolle.

“Dit is veral tydens die 21 dae van inperking belangrik dat mense steeds hierop ag slaan aangesien daar nie duidelikheid is of die tydperk vir appèl verleng sal word nie,” sê mnr. Meintjes.

‘n Verdere doelwit van hierdie veldtog is om inligting te versamel oor buitensporige verhogings om sodoende moontlike tendense op te spoor. TLU SA sal dan die onderskeie LUR’e vir Plaaslike Regering, ingevolge artikel 81 van die Munisipale Eiendomsbelasting-wet, aanmoedig om in hierdie gevalle in te gryp.

Akkurate eiendomswaardasies is belangrik omdat dit buitensporige verhogings lei tot verhoogde grondbelasting, wat ‘n bykomende las op eienaars plaas. Dit terwyl grondeienaars in die landelike gebiede geen of min dienste van disfunksionele munisipaliteite of rade ontvang.

Grondeienaars kan by die volgende skakel meer inligting oor eiendomswaardasies vind.

Uitgereik deur: TLU SA

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Firestone supports optimal tyre quality in SA Agriculture

Massive fuel drop helps offset cost pressures for the agriculture sector