in

TLU SA opgewonde oor 2021 Goliat-van-Gat-pampoenfees

This post is also available in: Afrikaans

Die tyd het weer aangebreek vir die eerste voorbereidings vir deelnemers aan die jaarlikse Goliat-van-Gat-pampoenfees – ‘n inisiatief van TLU SA.

“Ons herinner graag al ons voornemende deelnemers om nou met grondvoorbereiding te begin en die pitte te koop vir 2021 se kompetisie,” sê mnr. Henri Combrink, die organiseerder. “Die pitte is oudergewoonte by TLU SA se hoofkantoor in Silverton beskikbaar, maar kan ook landwyd afgelewer word.”

Die 2021 Goliat-van-Gat-pampoenfees word weer in Pretoria aangebied en meer besonderhede sal in aanloop tot die geleentheid in Maart 2021 bekend gemaak word. Belangstellendes kan ook die fees se Facebookblad besoek om hoogte van verwikkelinge te bly.

Die pampoene word in die volgende kategorieë beoordeel:
Grootste pampoen – R15 000;
Grootste pampoen in Gauteng – R3 000;
Tweede plek – R5 000;
Derde plek – R3 000;
Mooiste pampoen;
Lelikste pampoen;
Junior pampoenkweker onder 16 jaar;
Oorspronklikste pampoen vir versierde pampoene;
Grootste ander groentegewasse.

Bron: TLU SA

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

TLU SA eis weer dat ekonomie ten volle geopen word in lig van jongste arbeidsmag statistiek

Toyota Hilux

Vehicle sales improve slightly as dealers support tax cuts to boost motor industry