in

TLU SA en AfriForum gaan nie die plaasmoordstryd gewonne gee nie.

Die stryd om die internasionale gemeenskap deeglik te laat verstaan dat plaasmoorde baie ernstig opgeneem moet word, is nie ‘n maklike een nie. Die regering se permanente verteenwoordiger by die VN het dadelik die kwessie as regse propaganda probeer afmaak toe TLU SA , Afriform, en die VF+ verlede week ‘n voorlegging aan die VN se konferensie oor minderheidsregte gemaak het om dringend aandag aan die aangeleentheid te skenk. Die stryd duur dis voort.

AfriForum het vandag memorandums by vyftien ambassades oorhandig waarin die burgerregte-organisasie versoek dat dié lande druk op die Suid-Afrikaanse regering plaas om die regte van minderhede te beskerm én om die plaasmoordkrisis as ʼn prioriteit die hoof te bied. Die memorandum fokus op die feit dat die Suid-Afrikaanse regering geensins van voorneme is om ag te slaan op die toename in plaasaanvalle en -moorde nie.

“Nadat die ANC-regering dit verlede week op twee verskillende forums van die Verenigde Nasies duidelik gemaak het dat hulle geen ag slaan op sowel die regte as die beskerming van regte van minderhede of boere in Suid-Afrika nie, is ons genoodsaak om in die internasionale arena om hulp te vra,” het Henk Maree, AfriForum se nasionale woordvoerder, gesê.

Die Potgieter-gesin van Lindley in die Vrystaat is presies vyf jaar gelede grusaam vermoor. Attie Potgieter is 151 keer gesteek en sy tweejarige dogtertjie is aan die hare opgetel en in haar kop geskiet, voordat haar liggaampie in ʼn kartonboks gegooi is. Haar ma, Wilma, is op haar knieë gedwing en van agter in die kop geskiet. “Op die dag van die moorde het verteenwoordigers van die regering aangevoer dat só ’n moord nooit weer mag plaasvind nie en dat daar ingegryp moet word. Vandag, vyf jaar later, het die regering steeds niks gedoen nie,” sê mnr Maree.

TLU SA het uitgewys dat die regering dadelik die rassekaart speel wanneer hulle op hulle onbevoegdheid gewys word.

 “Dit is duidelik dat die Suid-Afrikaanse regering geen behoefte of begeerte het om enige aandag aan plaasmoorde te gee nie, en dat hulle tot in lengte van dae die rassekaart sal uitruk die oomblik as hulle tot verantwoordelike regering geroep word,” sê mnr Louis Meintjes, president van TLU SA, na aanleiding van hulle voorlegging by die VN.

“In twee voorleggings het die Suid-Afrikaanse verteenwoordiger probeer om minderheidsgroepe se status te verkleineer in plaas daarvan om ‘n hand van vriendskap na minderhede uit te reik. TLU SA, VF+ en Afriforum het almal gefokus op misdade waardeur veral die boere-minderheid geraak word en waaraan niks gedoen word nie. Die regeringsverteenwoordiger se beroep op die sogenaamde versoeningsklousule in die Grondwet, wat sê die land behoort aan almal, behoort teen hierdie tyd al gesien word vir die bedrog wat dit is,” sê hy.

“Solank grondhervorming afgedwing word en solank as wat daar eise gestel word dat boere en sake-ondernemings meer as die helfte van hulle aandele aan swartes moet gee, word dit duidelik dat daardie Grondwet se klousule net ‘n bietjie suiker rondom die bitter pil is. Daar is ‘n Artikel 235 wat handel oor minderheidsregte, maar na 21 jaar het die ANC nog geen poging aangewend om wetgewing ingevolge daardie klousule in werking te stel, soos die Grondwet bepaal moet gebeur nie,” sê mnr Meintjies.

“Ons boere is op ons eie. Ons sal eenvoudig sterker moet fokus op ons eie veiligheid en in die proses genadeloos optree met die terroriste wat ons op ons eie grond kom verhinder om voedsel vir almal op die tafel te plaas,” sê hy.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Isuzu brei gewilde KB-modelreeks verder uit

Kry gehalte en diens by Elsumo