in

Ten spyte van negatiewe omstandighede, is Oos-Kaap wolboere positief

HB van der Walt

This post is also available in: Afrikaans

Oos-Kaap NWKV voorsitter, HB van der Walt, het tydens hulle jaarvergadering laasweek verslag gedoen oor aktiwiteite die afgelope jaar.

Produksie omstandighede is gekenmerk deur strawwe droogte en word daar spesifiek gedink aan daardie boere in die westelike en suidelike dele waar daar glad nie of baie min reën geval het. Van der Walt het juis laasjaar melding gemaak oor die uitwerking van die droogte toe hy rapporteer het dat produksie in die Oos-Kaap in die 2016/17-seisoen gestyg het tot 18,15 miljoen kg en was sy voorspelling heel akkuraat toe produksie syfers vir 2017/18 bekend gemaak word en die Oos-Kaap syfers wys dat wolproduksie gedaal het tot 12,97 miljoen kilogram. Die huidige droogte gaan verseker ‘n verdere negatiewe uitwerking in die 2018/19-seisoen hê, sê van der Walt.

Aangesien die aanvraag vir gehalte wol steeds hoog is, is dit belangrik dat boere tydens skeertyd, in die skeerhok is om klasstandaarde te handhaaf of te verbeter. Met die verbod van woluitvoere na China en die gepaardgaande belangrikheid van naspeurbaarheid, gaan hierdie kritiese bestuurspraktyk en ook die algehele handhawing van die Kode van Beste Praktyke al hoe belangriker word.

Op die kommersiële front, is daar groot waardering vir produksie-adviseurs Juan Venter en Kobus Grobler om uitvoering te gee aan produksie adviesdienste en is bestuurslede aangemoedig om van hulle gebruik te maak. Daar is met groot opgewondenheid rapporteer oor meer as 250 boere wie die reproduksiekursus bygewoon het, met positiewe terugvoering oor die inhoud van die kursus.

Bron: NWKV

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

African horse sickness outbreak in the northern parts of South Africa

Europese parlement geskok oor stand van landbou in SA