in

Tegnologie & Meganisasiegesprekke eersdaags op Tech Terrain

This post is also available in: Afrikaans

Die wêreldwye pandemie het die meeste besighede gedwing om sake anders te benader en landbou is nie uitgesluit nie. Die sogenaamde Vierde Nywerheidsrewolusie is vervroeg, of ons nou daarvoor gereed is of nie.

Met verskeie groot landbouskoue wat uitgestel of gekanselleer is, het John Deere Sub-Sahara Afrika besef dat hy steeds met die landbougemeenskap moet kommunikeer oor sy dienste en produkte, maar ook oor die groter landboubedryf.

Stephan Nel, bemarkingsbestuurder van John Deere Sub-Sahara Afrika sê die maatskappy wil ‘n sentrale rol daarin speel om kennis aan die bedryf oor te dra. Daarvoor is Tech Terrain geskep. Die splinternuwe aanlynprogram, Tech Terrain gaan weekliks verskeie onderwerpe aanraak wat groei en volhoubaarheid in die landbousektor aanspreek.

“Die Tech Terrain-program gee ons die geleentheid om ‘n opvoedkundige program te bied aan alle boere wat inskakel by ons visie as John Deere en die rol wat ons onsself in die landbou-omgewing sien speel,” sê Nel. “Ons visie vir Afrika is om voedselsekerheid te dryf, maar ons weet ons kan dit nie alleen doen nie en ons moet ‘n sentrale rol speel waar ons kennis en ervaring van verskillende rolspelers in die bedryf, insluitend die boere, kombineer om nuwe hoogtes te bereik.

“Tegnologie is sentraal tot ons visie om nie slegs meer grond in produksie te bring nie, maar ook om doeltreffendheid te dryf in bestaande boerderye, deur opbrengste te verhoog en kostes so laag as moontlik te hou,” sê Nel. Jacques Taylor, besturende direkteur van John Deere Sub-Saraha Afrika sê Tech Terrain bied ‘n mediaplatform waar bedryfskenners John Deere tegnologie en -produkte byeengebring kan word, waar die inligting verpak word sodat dit maklik toeganklik is en die bedryf dit kan gebruik om meer waarde uit die waardeketting te ontsluit.

“Gegewe die beperkings wat die Covid-19 pandemie teweeggebring het moes ons kyk na ander maniere om met die mark in verbinding te bly, om steeds inligting en waarde aan ons kliënte oor te dra, ten spyte van die beperkings op persoonlike kontak,” sê Taylor.

Landboutegnologie is uiters gevorderd en dit kan soms oorweldigend voorkom. Tech Terrain – in Afrikaans aangebied deur Theo Vorster en in Engels aangebied deur Tony Ndoro – gaan ‘n rigtinggewende program wees van hoe en waarom die jongste tegnologie onmisbaar in die moderne landboubesigheid is. Tech Terrain gaan egter nie net oor tegnologie nie, maar ook die groter faktore wat die bedryf raak. Die voorste kenners in hul veld gaan weekliks hul insigte deel.

Tech Terrain is vanaf 25 Junie 2020 aanlyn beskikbaar by www.techterrain.co.za en voornemende kykers hoef net te registreer om toegang te kry tot al die inhoud. Nuwe episodes met nuwe temas gaan weekliks bekendgestel word, met verdere bonusmateriaal vir diegene wat dieper wil delf. Tech Terrain word met trots aangebied deur John Deere, in samewerking met Landbouweekblad en Brand Republic.

Bron: Brand Republic & John Deere

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Save time, increase yields with Worldfocus plant products

Pinch, pull and presto! Orthman gets rid of cotton residue