in

Te midde van klimaatsverandering gebruik Nedbank vernuwende oplossings vir landbou-volhoubaarheid

Maluta Netshaulu
Maluta Netshaulu

This post is also available in: Afrikaans

Nedbank het ʼn finansieringsoplossing vir skadunette ontwikkel om boere te help om hulle marges te beskerm, aangesien natuurlike elemente soos wind, hael, ryp, sonbrand en voëls ʼn negatiewe oeslewering tot gevolg het.

Te midde van klimaatsverandering se voortdurende impak op die planeet, veral wat landbou betref, is innoverende oplossings om risiko te verklein en voedselsekuriteit te verseker, deurslaggewend vir die volhoubaarheid van die sektor, sê Nedbank se senior bestuurder vir landbou, Maluta Netshaulu.

‘Die landbousektor is bedag op klimaatsverandering en besorg oor die invloed wat natuurlike gevare op marges het. As geldkundiges wat daartoe verbind is om goed te doen, het ons op ons kliënte se besorgdheid ag geslaan, en met ʼn oplossing vorendag gekom wat kan help’, voeg Netshaulu by.

Skadunet is ʼn volhoubare bedekking wat landbougewasse teen natuurlike gevare beskerm. Die gebruik van skadunet verbeter die prestasie van onderpresterende boorde, bied beskerming teen natuurlike elemente soos hael, hoë windspoed, ryp, sonbrand en voëls, voorkom kruisbestuiwing (saadlose kultivars bly saadloos) en verbeter watergebruiksdoeltreffendheid met 25%, wat tot beter hantering van droogte en waterbeperkings lei.

Die gebruik van skadunet verminder boonop die toediening van stikstof, bied boordsanitasiebesparings, bevorder die groei van jong bome, verseker dat bome vinniger volwassenheid bereik en verbeter vruggrootte en -kleur.

‘As ʼn bank wat daartoe verbind is om ons geldkundigheid in te span om die ekonomie te laat groei en werk te skep, pas Nedbank Landbou se finansieringsoplossing vir skadunette in by die bank se doel om kliënte te help om ‘geld anders te sien’ en ʼn vernuwende geleentheid om kundigheid tot voordeel van boere op ʼn volhoubare wyse in te span,’ sluit Netshaulu af.

Vir meer inligting besoek: www.nedbank.co.za

Bron: Nedbank

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

5 000 000 tonnes of maize? It’s possible!

Wolmark styg effens