Latest stories

  • in ,

    Veeboere: Kanna bespaar tyd, geld en arbeid

    ’n Skare arbeiders is nie meer nodig om die werk op ’n plaas gedoen te kry nie. Daarvoor sorg Kanna Industries se nuwe veehanteringstoerusting. “Ons bou en toets tans nuwe veehanteringstoerusting, maar boere kan dit by NAMPO Kaap en Agri Megaweek kom bekyk,” sê Willa Nolte van Kanna. Skaapvervoerband – ’n eerste in SA Die […] More

  • RPO
    in ,

    RPO Noord-Kaap-kongres: Boere weer positief na die kongres

    “Die afgelope jaar het die rooivleisboere voor verskeie uitdagings te staan gekom in hulle bedryf. Die tydperk is veral gekenmerk deur die ergste droogte in dekades, onsekerheid op die politieke front met verwysing na onteiening sonder vergoeding, asook die onlangse uitbreking van listeriose,” het Johan van der Colff, voorsitter van die RPO (Rooivleisprodusente-organisasie) Noord-Kaap, by […] More

  • Vrystaat Landbou
    in

    Veediewe brand los op boere en die Polisie

    Die veediewe wat vroeg Woensdagoggend 16 November op twee boere asook op Polisiebeamptes in die omgewing van Bothasberg naby Kestell in die Oos-Vrystaat losgebrand het, word steeds gesoek. Die een boer het Dinsdagaand ligte in die veld opgemerk terwyl hy na sy vee omgesien het, wat deur ’n jakkals geteister word. Volgens die VKB/VL Veiligheidslessenaar […] More

  • skaapbrandsiekte
    in

    Skaapbrandsiekte

    deur Jannie Fourie, produksie-adviseur, NWKV-Weskaap Brandsiekte is ’n hoogs aansteeklike en verwoestende velsiekte onder skape. Dit is ’n beheerde siekte onder die Wet op Dieresiektes en moet onmiddellik by die naaste staatsveearts of dieregesondheidstegnikus aangemeld word. Hierdie siekte word veroorsaak deur ’n klein velparasiet, Psoroptes communis ovis.  Die myt is ongeveer 0,8 mm lank en […] More

  • Rumax
    in

    Gee jou diere ’n voorsprong: Rumax se verpillingsmasjien bly dié beste

    Veral in skraal omstandighede soos wat die huidige droogte op ons afdwing, is dit vir die veeboer belangrik dat elke krieseltjie duur voer ten volle benut moet word. Dit is waar verpilde voer die boer dien, want verpilde voer sorg vir gebalanseerde voeding en hoër voerinnames, beter vertering, beter proteïensintese en minder vermorsing. Rumax se […] More

  • in

    Beste praktyke vir roofdierbestuur in Suid-Afrika: Deel 1

    Veeboere het die grondwetlike reg en ‘n verantwoordelikheid om hulle vee te versorg en te beskerm teen alle potensiële bedreigings soos uiterste klimaatstoestande (koue, hitte, droogtes, vloede en brande), asook teen diefstal en uiteraard teen roofdiere. Hierdie raamwerk van beste praktyke handel oor roofdierbestuur en -beheer. Dit noem ‘n aantal van die metodes wat boere […] More

  • in

    Lede van AFASA kry veebestuurstelsel in die palm van die hand

    Die African Farmers Association of South Africa (AFASA), wat baie kleinboere verteenwoordig, het dit goedgekeur dat die “My Kraal”-mobiele toepassing as ‘n loodsprojek op ledeplase getoets word. Die “My Kraal”-oplossing is deur die sake-eienaar en ondernemer, Gershom Ramazan, en Tigoma Digital ontwikkel en bied vee-identifikasie en opsporing aan deur ‘n basiese en gebruikersvriendelike selfoontoepassing. “My […] More

  • in

    Veeboere dra swaar aan droogte

    Die land se ergste droogte in menseheugenis het ’n beduidende impak op rooivleisprodusente regoor die land gehad, volgens ‘n studie wat deur die Universiteit van die Vrystaat se Eenheid vir Lewendehawe-ekonomie op aanvraag van die RPO onderneem is. Die studie is onderneem om institusionele rolspelers bewus te maak van die uitwerking van die droogte op […] More