Latest stories

  • in

    AfriForum en Saai staan boer by met indien van strafregtelike klagtes oor beweerde silosertifikaatbedrog

    AfriForum se privaatvervolgingseenheid en die familieboernetwerk Saai het vandag vir Langspruit Landgoed, ‘n familieonderneming in die Standerton-distrik, bygestaan met die lê van strafregtelike klagtes van bedrog teen die bestuur van Bloemhof-silo’s tydens die eerste kwartaal van 2020. Dit volg nadat Langspruit Landgoed verliese gely het as gevolg van beweerde silosertifikaatbedrog. Die klagtes is by die […] More

  • in

    Saai loods digitale plaasnaambordprojek

    ’n Naambord op ’n hekpaal by die ingang van ’n familieplaas sal nooit weer dieselfde wees nie. Saai het onlangs sy plaasnaambordprojek van stapel gestuur waarin die nuutste tegnologie gebruik word om plase te beskerm. Die ANC se 2017-besluit om die Grondwet te verander om vir onteiening sonder vergoeding voorsiening te maak, het familieboere diep […] More

  • in

    Saai versoek verlenging van amnestietydperk

    Die familieboerorganisasie Saai het op 20 Januarie 2021 in ’n skrywe aan die minister van Polisie versoek dat die sperdatum vir amnestie-aansoeke – teen die agtergrond van die tweede vlaag van die COVID-19-pandemie en die ontwrigtende impak daarvan op die SAPD se funksionering – met ’n verdere drie maande uitgestel word. Die COVID-19-regulasies, vrees vir […] More

  • in

    Saai veroordeel COVID-hulp aan slegs swart wynboere

    Die familieboerorganisasie Saai is verstom oor en veroordeel die blatante rassediskriminasie in die Wes-Kaapse Provinsiale Regering se COVID-19-ramphulp wat slegs aan swart wynboere toegeken word. Dié ramphulp word deur die Kaapse agentskap vir volhoubare geïntegreerde ontwikkeling in die platteland (CASIDRA) geadministreer en Saai beplan ’n multidimensionele veldtog om nierassige beginsels op alle vlakke van die […] More

  • in

    Saai verwelkom die oordrag van staatsplase aan familieboere

    Die besluit van minister Thoko Didiza om meer as 700 000 ha se plase wat sedert 1994 reeds in staatsbesit is aan begunstigdes van grondhervorming oor te dra, is een van die wysste besluite wat haar departement nóg geneem is. Die familieboerorganisasie Saai verwelkom dié besluit, wat talle van sy swart familieboerderylede raak. Die departement moes […] More

  • in

    Saai veroordeel onsinnige, wrede moord op Vrystaatse plaasbestuurder

    Die familieboerorganisasie Saai veroordeel die onsinnige, wrede moord op die 21-jarige Vrystaatse plaasbestuurder Brendin Horner buite Paul Roux. Dit het nie net dwarsoor Suid-Afrika nie, maar selfs in Europa en Noord-Amerika opslae gemaak. Namate meer Engelse media oor die aard en omvang van plaasmoorde berig, word al ernstiger vrae gevra oor die humanitêre krisis, en […] More

  • in

    Saai veroordeel minister Cele se uitspraak

    Elke boer in Suid-Afrika – groot en klein, arm en ryk, swart en wit, en ongeag politieke affiliasie – wil weet: Hoe moet ons boer as kommunale beeste elke nag in ons lande ingejaag word en ons oeste vernietig? Hoe moet landbou gedy as daar geen respek vir eiendoms- of verblyfreg is nie? Die tirade […] More

  • in

    Saai-hofaksies lei tot nietigverklaring van Vlak 3

    Druk uit verskeie hofgedinge teen dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (Cogta), se irrasionele regulasies onder Vlakke 4 en 3 van die ramptoestand het haar genoop om op 17 Augustus 2020 in ’n ongewone stap Vlak 3 in sy geheel te skrap. Dít volg nadat Saai op verskeie fronte geveg het teen die […] More

  • in

    Verslapping van regulasies te min, te laat

    Pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging dat inperkingsregulasies verslap word ten einde die ekonomiese skade wat die regering se oordrewe staat van inperking veroorsaak het, te beperk, is vir baie boere, landboubedrywe en waardekettings te min en te laat, meen dr. Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai. Vir die wildbedryf, wat reeds deur die afwesigheid van […] More

  • in

    Saai dien aansoek in by Hooggeregshof namens wildboere

    Saai, ’n organisasie wat die regte en belange van familieboere – insluitend wildboere – beskerm, het vandag ’n dringende aansoek by die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria ingedien om die verbod op reis tussen provinsies vir bestaansjagdoeleindes op te hef. Die aansoek is namens 368 wildplaaseienaars en -operateurs ingedien en het ten doel om voorskrifte 2, […] More

  • in

    Wynverbruik en -verkope: Saai binnekort in die hof

    Die familieboerorganisasie Saai sal die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria op 18 Augustus 2020 dringend nader om die verbod op die verkoop en verbruik van wyn in restaurante ter syde te stel. Dié aansoek kom nadat President Cyril Ramaphosa op 12 Julie 2020 wéér ’n algehele verbod op die verkoop en vervoer van drank aangekondig het. “Die […] More

  • tobacco 1
    in

    Saai verteenwoordig familieboere in sigaretverbodsaak

    Saai, ’n organisasie wat die belange van familieboerderye verteenwoordig, verskyn op 5 en 6 Augustus 2020 namens boere en plaaswerkers in die Wes-Kaapse Hooggeregshof om die regering se regulasies op die verbod op wettige tabakverkope ongrondwetlik en ongeldig te laat verklaar. Die saak sal aangehoor word saam met nege ander aansoekers, gelei deur British American Tobacco […] More

Load More
Congratulations. You've reached the end of the internet.