Latest stories

  • ProAgri
    in ,

    ProAgri 255

    Die winter is op ons! Die draai van die seisoen maak dat almal weer verwarmers aanskakel of kaggels aansteek. Die ekstra komberse en dik jasse word ook nadergetrek. Maar vir die boere is daar ook ander kenmerke wat so eie is aan die koue seisoen. Dis strooptyd, jagtyd en sop-en-bredietyd. Die stropers is al ՚n […] More

  • ProAgri
    in ,

    ProAgri SA 253

    Elke plaas het ՚n storie. Ek het onlangs die voorreg gehad om deur die Oos-Kaap te reis, en nog ՚n groter voorreg gehad om ՚n paar boere in daardie deel van die land te kon besoek. “Hierdie kar was die oubaas se koedoeskietkar,” vertel die een plaasbestuurder my naby Kookhuis. “Hy het in die kar […] More

  • ProAgri
    in ,

    ProAgri SA 252

    Riviere vloei van wal tot wal en damme word al hoe voller. Mielies wat skaars agt weke gelede geplant is staan al twee meter hoog. Party is al gepluk vir groenmielies en die reste lê al in kuilvoerkuile. Want tyd staan nooit stil nie en die boerdery moet voortgaan. Terwyl die sikloon Eloïse haarself teen […] More

  • ProAgri SA
    in ,

    ProAgri SA 250

    “Those who can, do; those who can’t, teach.” Met apologie aan George Bernard Shaw wat die gewraakte stelling in 1903 geskryf het, gee ek graag my weergawe daarvan: Die wat nie kan boer nie, skryf daaroor! Wat anders motiveer ’n joernalis om in landbou te spesialiseer as die droom om self eendag te boer?! Vir […] More

  • in ,

    ProAgri 249

    26 ton bloubessies van ՚n Suid-Afrikaanse boerdery mag nie in Europa afgelaai word nie oor ՚n naam. Die OZblu-bessies is ՚n kultivar wat in Australië ontwikkel is en die kultivarregte word gehou deur ՚n maatskappy, United Exports. Ross Berries het die plantmateriaal wettig aangekoop en gekweek, en probeer nou sy bessies in die vryemark verkoop. […] More

  • in ,

    ProAgri SA 248

    Die lewe is nie regverdig nie. Boere word nie met dieselfde maatstaf gemeet as ander mense nie. Dit is nie boere wat in die nag rondsluip op ander mense se werf en hulle aanval en besteel, moor, martel en verkrag nie. Dit is nie boere wat in winkels instorm en alles omgooi, afbreek en gryp […] More

  • proagri
    in ,

    ProAgri 247

    Daar is nie bakstene in Pretoria beskikbaar nie. As jy nou iets met bakstene wil bou, beland jou bestelling op wat hulle noem backorder. Daar is ook ’n tekort aan PVC-pype en sekere diktes staalstawe. As die plaaslike koöperasie dus vir jou vertel die bouery aan jou nuwe skuur of pakhuis gaan bietjie moet wag, […] More

  • proagri
    in ,

    ProAgri 246

    Dit was die Duitsers wat die tradisie begin het van koek eet op ’n verjaarsdag en kinderpartytjies hou. Dit was nadat die Egiptenare en Romeine die gewoonte begin het om hulle konings en gode se geboortedae te herdenk. Die nywerheidsomwenteling in Engeland het dit moontlik gemaak dat gewone mense ook toegang gekry het tot luukse […] More

  • in ,

    ProAgri 245

    Eers het die skoknuus van die Caxtongroep gekom met die sluiting van ’n hele reeks koerante en tydskrifte en toe die Netwerk24-groep met ’n rits titels wat van die rakke gaan verdwyn. Dit is veral plattelandse media en nistydskrifte wat die hardste geslaan is en ek is seker baie van ons lesers gaan van hulle […] More

  • in ,

    ProAgri 244

    Met apologie aan Laurika Rauch kan ons nou sing: “O dankie tog vir die baie reën, Maar stuur net ’n bietjie dieselien…” Die ooms se masjiene moet almal loop! Daar is ’n rekord-oes wat wag om gestroop te word, maar êrens tussen Richardsbaai en die plaas verdamp die diesel. Party reken dis pyplyndiefstal, ander raai […] More

  • in ,

    ProAgri 243

    Ek haal vandag my hoed af uit respek vir ons boere wat deur hierdie hele tyd voortgegaan het met produksie en maniere gevind het om produkte by die markte en winkels af te lewer. Ek haal my hoed af vir die res van die voedselwaardeketting wat daarin geslaag het om die rakke in die winkels […] More

  • in ,

    ProAgri 241

    Bly kalm en kyk hoe word die mielies ryp. Paniekgolwe spoel deur die wêreld met markte wat tuimel, ’n olieprysoorlog, koronavirusverskrikking en die arme kwesbare rand wat soos ’n tafeltennisballetjie oorreageer op elke brokkie slegte nuus. Landbou se bydrae tot die ekonomie het in die laaste kwartaal van 2019 met 7,6% ingekrimp en die ekonomie […] More

Load More
Congratulations. You've reached the end of the internet.