in

Swak rand ondersteun sybokhaarmark

This post is also available in: Afrikaans

Die swakker Rand het die sybokhaarmark ondersteun op die derde veiling van die 2019 somer verkoopseisoen. Die gemiddelde markaanwyser het sy opwaartse neiging voortgesit met ‘n styging van 2,0% tot R289,66/kg.

Pryse van grootbokhaar het, ten spyte van die swakker Rand, onder druk gekom en goedkoper verhandel.

Die gemiddelde markaanwyser van kleinbokkiehaar het met 2,1% gestyg tot R504,96/kg terwyl die gemiddelde markaanwyser van jongbokhaar onveranderd gesluit het op R364,51/kg. Gemiddelde pryse van fyn grootbokhaar het met 1,4% gedaal om op R284,74/kg te sluit terwyl die gemiddelde markaanwyser van sterk grootbokhaar 1,5% goedkoper gesluit het op R259,25/kg.

Die volgende veiling van die 2019 somer verkoopseisoen sal op 16 April 2019 plaasvind.

Bron: BKB

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

meadow

Country-wide Meadow factories make famous livestock feeds

Kubota excavators make the difference for GDM Plumping & Projects