in

Sussex: Nasionale veiling

sussex

Ernstige Sussexboere het onlangs in Bloemfontein bymekaargekom vir vanjaar se nasionale veiling.

Die veilingskraal was stampvol en Vleissentraal het die veiling skitterend gereël en aangebied. Die omset van die veiling was R836 750. 26 lotte is verkoop en die gemiddelde prys wat die bulle behaal het, was R49 636. ProAgri was die mediaborg.

sussex
Die Sussex se nasionale veiling by die Bloemfontein-skouterrein het kopers en verkopers van heinde en ver gelok.
sussex
Die nuwe Sussex-raad is: Agter Werner Bader, raadslid; De Villiers Lamprecht, raadslid; en Willem Bosch, raadslid. Voor sit oom Dallas Phillips, raadslid; Daleen Potgieter, president; en
Gert Fourie vise-president.
sussex
Die duurste bul is deur Nollie en Pieter Stofberg van Worchester aangebied en is aan Chris Nel van Petrus Steyn en James Stephen van Lanseria verkoop vir R120 000. Ian Grobler, Vleissentraal-afslaer; James Stephen, Vigorex Sussex (koper 50%); dr Chris Nel (jr), Eversar Sussex (koper 50%); oom Chris Nel, Eversar
Sussex (koper 50%); Nollie Stofberg, Platdrif Sussex (verkoper); Nollie se vrou, Malani Stofberg; Pieter Stofberg, Platdrif Sussex (verkoper); en Wimpie du Plessis, besturende direkteur, Vleissentraal Bloemfontein was heel ingenome met die transaksie.
sussex
Oom Dallas Phillips het al diep spore in die Sussex-gemeenskap getrap. Hy het tydens die dinee, die aand voor die veiling, ’n spesiale toekenning daarvoor ontvang. George Potgieter en David Evans staan weerskante van hom.

sussex
’n Dubbelbladadvertensie in ProAgri se nuwe tydskrif, Agri4All is tydens die dinee opgeveil en Morné Cloete van Bonniebrae Sussex naby Elliot het die hoogste bod ingesit. Tiny Smith, verkoopspesialis van ProAgri wens hom
geluk.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Johan Hoewe

Vermy en bestry prikwonde aan pote só

Sagtevrugtebedryf vier toewyding en volharding ondanks droogte