Pioneer Foods, die JSE se tweede grootste voedselprodusent, met ‘n markwaarde van meer as R31-miljard het verskeie faktore wat Suid-Afrika se verbruikers onder druk plaas, soos stygende graanpryse, die swak rand en koring-invoere uitgewys.
Die maatskappy, wat produkte soos Sasko-brood, Bokomo-pap, Spekko-rys en White Star-mieliemeel vervaardig, se insetkoste het toegeneem met 74% in die vier maande voor Januarie.
Die styging in koring-invoerkoste van R156 tot R911 per ton oor die afgelope jaar het die uitwerking van die droogte vererger. Die rand het ook amper 30% se waarde teen die dollar verloor in dieselfde periode.
Pioneer se aandeleprys het met 15,7% op die JSE hierdie jaar gedaal, teenoor die 2,6% afname op die JSE se voedselproduseringsindeks.
Suid-Afrika het die laagste koringoes in amper ‘n dekade die jaar as gevolg van die droogte.
Source: Business Day en Bizcommunity