in

Spaar ’n bietjie krag vir Eskom by Nampo

KraSpaar-n-bietjie-krag-vir-Eskom-by-Nampo/strong>, Eskom se Bemarkings- dienstebestuurder in Bloemfontein.

Hy sê die oormaat goedkoop elektrisiteit waaraan verbruikers gewoond was, is iets van die verlede. Bespa­ring van elektrisiteit gaan nie net oor die beperking van kragverbruik in spitstye nie, maar ook oor deurlopende verbruik.

“Lasverskuiwing na buite-spitstye alleen is nie meer voldoende nie. Die hele land, en dit sluit huishou­dings, ondernemings, boere en nywerhede in, sal deur die bank tien persent van hulle verbruik moet spaar. Dit sal Eskom in staat stel om beurtkrag te vermy, tensy daar ’n noodsituasie is.”

Wêreldwyd is daar ’n oproep om elektrisiteit te bespaar om ons omgewing te beskerm. In Suid-Afrika, waar elektrisiteit hoofsaaklik deur steenkoolverbran­ding opgewek word, is kragbesparing nog meer nodig om die vrystelling van koolstofdioksied in die atmosfeer te beperk.

Landbou is van strategiese belang vir voedselsekerheid. Mnr Van der Vyver sê daarom wil Eskom die bedryf bystaan met raad en daad om besparings te bewerkstellig sonder om dit lam te lê. Eskom meen almal in Suid-Afrika sal hulle houding teenoor kragverbruik moet verander. “Dit is te verstane dat verbruikers deur die oormaat goedkoop elektrisiteit van die verlede bederf is en nie nodig gehad het om besparingsgerig te wees nie. Ons glo egter dat ’n tien persent besparing moontlik is deur onno­dige verbruik uit te skakel en deur gebruik te maak van energiedoeltreffende toerusting, tegnologie en praktyke,” sê mnr Van der Vyver.

Hy sê noudat elektrisiteit skaarser geword het en ook duurder gaan word, open dit nuwe geleenthede vir alternatiewe bronne wat voorheen nie as ekonomies beskou was nie.

Een so ’n alternatiewe bron van elektrisiteit wat in die Eskom-saal bekend gestel sal word, is biogas. Mnr Shelby Tyne van Kwazulu-Natal, ’n boer wat dit suksesvol gebruik, sal self teenwoordig wees om boere se vrae te beantwoord.

Klem sal ook op die doeltreffende gebruik van water gelê word. ’n Skaalmodel-spilpunt sal gebruik word om die skedulering van besproeiing met behulp van ’n grondvogsensor en ’n selfoonmodem te demonstreer. Die outomatiese aanskakeling van motors na kragonderbrekings is deel van die demonstrasie.

’n Toestel wat in samewer­king met Eskom ontwikkel is vir die rooster of bak van sojabone, mielies, grondbone, koffiebone, sigorei en neute sal ook gedemonstreer word. Die kuns van die tegnologie is dat dit vinnig die nodige tempe­ratuur bereik en dus nie soveel geraak word deur beurtkrag nie.

Boere sal inligting oor besparings en subsidies by Eskom se uitstalling oor aanvraagbestuur kan kry. Daar is ook praktiese inligting soos die gebruik van hoërliggende gebiede vir die berging van water en die benutting van swaartekrag vir besproeiing. Nog praktiese wenke gaan oor die ekonomiese elektrifise­ring van plaaswerkershui­se en die veilige gebruik van elektrisiteit op plase.

Alles wat iets met krag of die gebruik van krag te doen het, vind ’n tuiste in die Eskom-saal. Boere kan daar aanklop vir die nuutste inligting oor elektriese kabels, motors, skakeltuig, stroombrekers, stoomopwekkers, verkoeling, braaikuiken-eenhede, toerusting vir vlugtige olie, kweekhuistegnologie en die verwerking van groente, suiwel- en vleisprodukte.

’n Landbou-ingenieur, energie-raadgewers en klante­dienspersoneel van Eskom sal in d­ie saal aan diens wees om na boere se spesifieke behoeftes om te sien.

’n Besoek aan die Eskom-saal by Nampo kan net help om te sorg vir krag vir die dag van môre.
 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

’n-Werktuig-so-reg-na-die-boer-se-hart:-Manitou-doen-14-dae-se-werk-in-’n-week

Selfs-’n-skaap-kan-jou-vertel:-Alnet-beskerm-die-boer-se-belange