in

Souskluitjies

  •  250 ml koekmeel
  • 2 ml sout
  • 5 ml koeksoda
  • 15 ml botter
  • 1 eier, geklits
  • 30 ml melk
  • 15 ml gladde appelkooskonfyt
  • kaneelsuiker na smaak

Stroop

  • 375 ml water
  • 250 ml suiker
  • 5 ml fyn kaneel
  • 5 ml fyn gemmer
  • 2 ml fyn neutmuskaat
  1. Sif die meel, sout en koeksoda saam. Vryf die botter by die meelmengsel in tot dit soos fyn broodkrummels lyk. Voeg die eier, melk en appelkooskonfyt by en meng goed.
  2. Stroop: Meng al die bestanddele saam in ’n kastrol en verhit stadig tot kookpunt. Meng gereeld en maak seker dat al die suiker opgelos het.
  3. Drup lepels vol van die deeg in die kokende stroop. Bedek die kastrol en laat vir 15 minute kook — MOENIE die deksel oplig terwyl die souskluitjies kook nie. Skep die souskluitjies met ’n gaatjieslepel uit en plaas in ’n bak. Skep ’n bietjie kaneelsuiker oor en sit warm saam met vla voor.

Uit:  ‘n Lewe met kos – Cass Abrahams ( bl. 98-99)

n_Lewe_met_kos_Voorblad.indd

What do you think?

1 point
Upvote Downvote

Total votes: 1

Upvotes: 1

Upvotes percentage: 100.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Dom Boer se lag vir die dag

Wolmark hoër gesluit