in

Solidariteit KragDag 2016

Solidariteit KragDag 2016 bied díe geleentheid in die jaar vir die bekendstelling van tegnologie, produkte en opvoedkundige inligting oor alternatiewe en volhoubare lewenstyloplossings. Spesiale klem word geplaas op die behoeftes wat spruit uit probleme van kragvoorsiening, wateropgaar en -gehalte, veiligheid, ekonomiese uitdagings en Suid-Afrika se onderwystoestand.

Die doel van die KragDag is om skeppende self- of onderlinge versorging moontlik te maak om die afhanklikheid van staatsondersteunde dienste en instansies uit te skakel. Daarom is hulle leuse “doen jou eie ding”.

Die Solidariteit KragDag word van 16 tot  18 Junie 2016 by die Diamantvallei Landgoed net buite Pretoria gehou. Indien jy nog wil bespreek vir ‘n uitstalruimte sal jy moet wikkel, dit sluit op Vrydag 6 Mei.

Die ekspo is ‘n sake- en opvoedkundige geleentheid in ’n karnaval-atmosfeer vir die hele gesin.

Verlede jaar is die ekspo reeds deur 11 550 mense bygewoon, wat dit by verre die grootste hernubare energie en selfstandigheidsekspo in die land maak. Hierdie jaar is die ekspo-terrein met 20% vergroot en met nog ‘n dag verleng na ‘n drie-dag-ekspo om meer waarde vir uitstallers te verskaf.

Tema-uitstallers se kontakbesonderhede en webadres word vir ‘n jaar lank gratis gelys op KragDag se webtuiste. Die vorms kan gekry word by info@kragdag.co.za.

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Só lyk die jongste oesskatting

2016 Opel Astra: Stel nuwe standaarde vir sy marksegment